Helanje & Bertus {“Make your life a story worth telling”}

 

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Helanje
  • Naam van Bruidegom: Bertus

 

Diensverskaffer Inligting:

  • Kos: Gemaak deur my Pa, springbokvleis is verskaf van ons plaas in die kalahari. Skaapvleis verskaf deur Bertus se ouers en suster.
  • Blomme: vars gepluk van Bertus se Ouers se plaas
  • Decor: Ek het vir mense gevra vir lee botteltjies en het self, DIY daarop geprintgeprint.
  • Papier-blomme: Het ek gevou uit ou lees boeke.
  • Servette: Is deur n vriendin van my ma omgestik, ek het daarop self geprint met n DIY “trick”
  • Trourok: Is gemaak deur n vriendin van my ma, aangesien dit 2 rokke in 1 is.
  • My skoene: Ek het ou gemaklike skoene van my gevat en dit geplank met die kant wat oorgeby het van my rok.
  • Fotograaf: My tannie het as n trou geskenk ons fotos vir ons geneem.
  • Trou koek: Is gemaak as n geskenk van my neef en sy meisie.
  • Ring draer was Buks, ons Jack russel.
  • Om aan te pas by ons tema, het ons STORIEmeisies en STORIEjonkers gehad.

 

Meer oor die groot dag:

“Make your life a story worth telling” Hierdie was die motto waarmee ek nog altyd probeer leef het, maar min het ek geweet hoe spesiaal die storie van my troudag sou wees. Al die drome en wense waarmee ek grootgeword het, het in een dag elke hoofstuk van n leeftyd vol beloftes saamgevat in een groot storieboek sprokie!

Eendag was daar n dogtertjie wat gedroom het daarvan om te trou met ‘n prins op n wit perd, ‘n buite troue in perfekte weer, met die mooiste prinses rok en natuurlik so mooi dat mense die storie oor en oor sal wil vertel…..

Op 22 Augustus 2015 het al hierdie dogtertjie drome waar geword met n paar kinkels soos wat in goeie stories moet gebeur.

Die prins het vir my die koning geword, wat nie net sy wit perd liefhet nie, maar ook elke dier wat op vier bene loop (en ook op twee bene kraai) Daarom was die kompetisie ook kwaai om verby sy eerste liefde, sy Jack Russel – Buks, te kon kom. Maar ek was slim genoeg om vir Buks eerste te wen, toe was ek verseker van sy baas se hart ook.

Daarom dat Buks ook n groot deel van ons storiedag moes wees. Toe dit tyd was vir die ringe se inbring het die bruid se plaasfluit vir Buks in sy spesiaal gemaakte pakkie klere vorentoe geroep en statig het hy die ringe kom oorhandig.

Die weer op ons groot dag was presies en spesifiek net soos ons daarvoor gebid het…. Sonskyn, geen wind en 24 grade! Ons het geglo ons sal in perfekte weer in Swellendam teen alle voorspellings, buite kan trou…. Ons was bederf en geseën van Bo!!

My rok is met baie prentjies en beplanning spesiaal vir my gemaak deur n vriendin van my ma om my soos n regte prinses te laat voel! ‘n Wye net en kantrok mooier as waarvan ek kon droom, maar met n verrassing tydens die onthaal. Ons het vooraf met ons musiek gekonkel, sodat ons almal kon verras om tydens ons romantiese dans, met n afrol en uitdans uit my wye netromp, die dans verander het in n vrolike sexy cha-cha en ‘n gemaklike nousluitender rok net reg vir n hele aand se dans.

My Oupa het ons getrou, wat vir my so ‘n spesiale geskenk was, omdat hy my ouers getrou het, my gedoop het en nog altyd vir my ‘n held was. Sy boodskap het aangesluit by ons spesiale storie en dit sal n hoofstuk in ons storieboek wees wat ons altyd sal koester.

Ons plaastema was vir ons alby perfek omdat dit ons groot liefde is. Saam met n wonderlike familie en gesin kon ons regtig alles self maak en laat gebeur. Vir maande kon ek my uitleef in die voorbereidings, wat op die dag van die onthaal als deel van die mooiste prentjie kon word.

Almal het gehelp om die emmers en emmers fynbos en proteas uit die berg van my skoonouers se plaas af in oorvloed te kon insteek en die tafels te laat oorloop daarvan tussen al die boeke, storieblomme, paraffienlampies van ons plaas af en detail meer as wat mense kon inneem.

Ons gevolg van storiemeisies en storiejonkers het saam met die familie help sorg dat niks ooit verkeerd geloop het nie. My Pa het al die kos self gemaak, en hy is nie n sjef nie. Hy het saam met springbokpastei met vleis van ons plaas af, die heerlikste geregte opgetower waarvan ons 165 gaste nou nog praat.

My tannie was die beste fotograaf wat ons storie-album n onthouboek maak wat ons eendag by ons kinders en kleinkinders mee sal kan spog. Hierdie was n storie wat meer is as wat ons ooit kan oorvertel. Want bo alles was dit die mooiste begin van ons storie saam. ‘n Storie wat net kan eindig met : en hulle het lank en gelukkig saam gelewe……. Mag ons so geseën word.

 

As u na die fotos kyk, sal u sien, n droom troue hoev nie geld te kos nie, net bietjie tyd en hulp.

%d bloggers like this: