Ilana & Braam {Vintage rustic}

 

Persoonlike Inligting:
•       Naam van Bruid: Ilana van zyl
•       Naam Van Bruidegom: Braam van zyl
•       Datum en Tyd van troue: 5 oktober 16:00
•       Venue/plek van troue: Helderwater Jagkamp (Vrystaat)
•       Aantal gaste: 120
Diensteverskaffer Inligting:
•       Trou Koordineerder: Bruid self
•       Fotograaf: on3photography (elsie muller)
•       Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok deur Weddings by Theresa (Drie riviere vereniging), Strooimeisies : Gelique Pretoria
•       Bruidegom en mans pakke: Sexy Lady Boutique Welkom
•       Blomme : Leonie Bam
•       Dekor: Leonie Bam
•       Koek: Veronica Booyse Klerksdorp
•       Spyseniering: Leonie Bam Welkom
Oor die bruidspaar:
•       Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het ontmoet op skool ek was std 6 en Braam matriek.
•       Hoe lank het julle mekaar geken: 8jaar ons het eers begin uitgan toe ek einde std 9 was. Ons het in Oktober 2012 verloof geraak was 11 maande verloof toe ons trou.
•       Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my na De rust (Kroonstad) gevat vir ‘n picnic. Hy het vir ons wyn en lekker snacks gevat. Ons het by die dam gaan stap en hy het my n lekker nek maseering gegee (seker sy moed bymekaar geskraap) en hy het op sy kniee om gevlieg gekom en my gevra sale k met hom trou , ek het dadlik begin huil en JA gese.
•       Die troue (van a-z): ek sal nie weet waar om te begin nie , ons troue het ons n jaar lank aan beplan , ons het probeer om so ver as moontlik my en Braam in alles wat ons kies en koop te weerspieel in dit. Alles was vir ons spesiaal en perfek soos dit was. Elke detail is “hand picked” van koekmes tot kouse. Ons liedjies wat ons gebruik het : ons gevolg het in die kerk in gekom op Enya –only time, ons het in die saal gekom op Thunder struck van AC/DC terwyl ons gevolg by die deur staan in n lyntjie met sparklers, ons eerste dans was op Gerhard steyn en Nadine se rooi roos, Koek gesny op  U2 se sweetest thing, Kousband gegooi op : pink panther se theme song en Ruiker gegooi op single ladies.

•       Raad vir toekomsige bruide: Vat dit rustig moenie teveel stress nie die dag gaan so gou verby en as jy heletyd gaan wonder wat verkeerd gaan loop gaan jy dit nie geniet nie, niks loop 100% nie maak vroeg vrede daarmee en dan sal jy jou dag geniet
•       Die beste deel van jul troudag: Defintief die oomblik wat die Ds.Ons as man en vrou aangekondig het.