Jennifer & Alex {DIY}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van bruid: Jennifer
  • Naam van Bruidegom: Alex
  • Datum van troue: 11 Julie 2015

Diensverskaffers:

  • Fotograaf: VDL Photography
  • Troukoek: Kristiens Bakery Welkom
  • Dankie se geskenkies,servet ringe,mnr en mev Banner en Badges: Laser Diva
  • Gaste puzzle en bruids hanger : Cocky creations
  • Juwele: Argento
  • Bybel ring kussing en kous bande en Gaste boek: Creations de Splendeur
  • Ruiker en Skouer ruiker: Lace en Whimsey
  • Hare :Charlene (suster)
  • Make up en Naels: Michelle Smith
  • Trou rok en Pakke: Carmens Bridal Boutique Welkom
  • Blomme in kerk: House of Flowers Welkom
  • Konfetti: Roosblare (House of Flowers)
  • Konfetti mandjie en sjampanje glase: Kristien van Zyl
  • Trou Motor: Kia Motors Welkom
  • Koek Toppers: Lezaan Godfrey

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar ontmoet eerstens deur date club waar ons so 2 weke later mekaar ontmoet het by Wimpy in Lydenburg dit was n Sondag oggend 2 Oktober 2011. Ek het die besluit gemaak dis nou of nooit en so het ons mekaar ontmoet.Daardie selfde aand het hy kom dvd kyk by my en ons nog nie eendag sonder mekaar nie.
  • Hoe het hy jou gevra om te trou? .Hy het my die 19 September 2011 gevra om sy vrou te word ons was aleen by huis en hy net daar en dan op sy knieg gegaan en my gevra om hom die eer te doen en sy vrou te word , my antwoord was natuurlik ja!!!
  • Die troue (a-z): Ons het eers Desember van 2014 besluit op n datum 11 julie en so het die beplanning vir ons groot dag begin. Ek was n DiY bruid het als self beplan en gedoen. Al my idees het ek maar op die internet gekry en glo my was dit nou moeilik om te besluit.
  • Raad vir toekomstige bruide: As jy kan moenie te veel stres nie want als sal uitwerk en ja diy is goedkoper maar meer stres maar als die moeite werd aan die einde.
    Al wat ek sal verander is meer moeite gedoen het aan onthaal want dit was net n bring en braai met naaste familie en vriende verder was als perfek.