Joelene & Elmo {konings blou & fusia}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Joelene Ferreira
  • Naam Van Bruidegom: Elmo Swift
  • Datum en Tyd van troue: 10 Mei 2014 @ 15:00
  • Venue/plek van troue: Casa-Lee Country Lodge
  • Aantal gaste: 90

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Casa-Lee Country Lodge
  • Fotograaf: Cindy klaver
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Gelique
  • Bruidegom en mans pakke: Black Tie
  • Blomme : Casa-Lee Country Lodge
  • Dekor: Casa-Lee Country Lodge
  • Koek: Nadine Botha (Crumble Cake Decadence)
  • Spyseniering: Casa-Lee Country Lodge

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het snaaks genoeg oor Whatsapp ontmoet, toe n vriendin van my gedink het ons sal n oulike paartjie maak. Ek het tans op Hoedspruit gewoon en hy in Pretoria. So 2 maande na ons begin gesels het, toe trek ek terug, en wie sou kon dink dit is my man!
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 1 jaar en 2 maande saam, en 7 maande verloof
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my gevra om te trou. Hy het my n dag voor my verjaarsdag (19 Oktober 2013) gevat om perd te gaan ry by Harties Horse Trail Safaris, ek het gedink dis maar vir my verjaarsdag. Hy het vir my n album aan mekaar geslaan, met al ons fotos wat ons in daai jaar en 2 maande bymekaar gemaak het, selfs die waar ons kwaai is vir mekaar. Toe ek nader aan die laaste foto’s beweeg toe is dit splinter nuwe foto’s wat hy laat neem het van himself, elke een het nader gekom aan die ring wat in sy hande verskyn. Hy sit toe nog al die tyd langs my op sy kniee met die ring in sy hand,
  • Die beste deel van jul troudag: Die beste deel van ons troudag was seker die kerk gedeelte. Toe ek afstap na hom toe, en hy met n groot smile staan en wag. Dit was die beste gevoel om te weet vandag word ons man en vrou, en ons lê ‘n belofde voor God drie-ening af. Toe ons kon nagmaal hou en eers saam kon bid, toe voel ek net God se blessing op ons dag en ons belofte.
  • Die troue (van a-z): Ek het van November af beplan aan ons troue. Ons het al die fairy lights en gel beads en tea lights gaan koop by China Mall, en die res het ons aan die venue oorgelaat. Ek was deur n hartseer deel so van Januarie af, omrede ons oorspronklike bloemis met ons geld weggeloop het, gelukkig met die Here se genade het ons die geld April terug gekry. Als het seep glad verloop op ons troudag, dit was net verskriklik koud gewees. Trou Idees het my verskriklik baie gehelp nie net met details ens nie, maar emosioneel. Ek het elke dag wakker geword en eers op die blad kom kyk wat is nuut en watter style is nou in. Die aand voor ons getrou het, het ek met so n opgewondendheid in my hart probeer slaap. Toe die oggend aanbreek kon ek nie wag om my MAN te sien nie. Ek is spyt oor niks nie. So gese, ons kon altwee nie wag vir die honeymoon nie!