Trou Idees

Jogurt en klapper plaatkoekies met bessies

As jy op soek is na nog idees om bietjie variëteit en afwisseling in jou kind se kosblik te skep, bak gerus ’n paar plaatkoekies met Elize se gesonde, maklike resep. Jy en jou gesin kan dit selfs ’n Saterdag-oggend ontbyt kwaliteit-tyd bak-en-brou aktiwiteit maak.

Gereed om te eet binne 20 minute

Voorbereiding: 10 minute
Porsies: 8-12 plaatkoekies

Bestanddele

  • 1 koppie volroom
  • Griekse jogurt
  • 4 groot eiers
  • ½ teelepel koeksoda
  • ’n knippie sout
  • 6 eetlepelels klappermeel
  • ½teelepel rou heuning (vir eksta anti-oksidante, gebruik rou heuning wat uit jou omgewing kom)
  • 1 teelepel vanilje
    klapperolie vir die pan
  • Bessies vir versiering

Metode: Hoe om plaatkoekies te maak

1. Kombineer al die bestandele in ’n mengbak.
2. Verhit die klapperolie in ’n groot pan oor medium hitte.
3. Skep 4 klein plaatkoekies in die pan. Moenie hulle te groot maak nie, anders sal hulle moeilik wees om om te draai. Hierdie plaatkoekies is geneig om vinniger te brand, so hou hulle dop, en maak seker jou plaat is op lae/medium hitte.
4. Bak ongeveer 5-8 minute aan elke kant, of tot mooi bruin.

Wenke

  • Plaatkoekies kan bedien word met jogurt en heuning.
  • ‘n Ander alternatief is om hawermout te gebruik in plaas van klappermeel.
  • Die Griekse jogurt kan vervang word met amandel melk indien jou kinders sensitief is vir suiwel.
ons gevorderde soek-enjin