Kleur my gesig in… maar hou dit goedkoop

Blou oogskadu, dik-swart-smererige oogomlyner, helder pienk blosser en bloedrooi lipstiffie… Sjoe dit klink soos ‘n goedkoop narre partydjie. Definitief iets om te vermy wanneer jy soek na ‘n grimmeer kunstenaar vir jou groot dag. Jy wil nie vaal of bleek lyk teenoor jou pragtige rok wat jy dra nie maar jy wil ook nie ‘n arm en ‘n been betaal nie.

Odette Bukowski sê dat ‘n grimmeer kunsternaar maak “kuns” op jou gesig wat die hele dag moet hou (8 ure plus). Die ding wat baie bruide gewoonlik afskrik is die prys want niemand wil ‘n arm of ‘n been betaal nie. Odette sê dat die prys hang af van ‘n hele paar goed byvoorbeeld ondervinding. Indien die grimmeer kunstenaar al jare in die bedryf is en met groot name gewerk het, dan sal die pryse aansienlik hoër wees as iemand van wie jy nog nie eintlik gehoor het nie. Verder hang die prys ook af van die tyd wat uitgesit word. ‘n Grimmeer kunstenaar neem tyd om jou gesig in te kleur en net die beste elemente na vore te bring. Prys word verder uitgewerk volgens die hoeveelheid produk wat per gesig gebruik word, vervoer kostes, arbeid en die geleentheid. Sommige grimmeer kunstenaars vra selfs ‘n fooi per uur.

Die groot vraag wanneer dit kom by troues is hoekom is die Bruid se grimmering altyd so duur? Die antwoord hierop is dat extra tyd en aandag word aan die bruid spandeer om haar te bederf op haar groot dag. Extra moeite word ingesit en extra produk word gebruik om seker te maak dat die bruid se grimmering bo die res uit staan en dat sy absoluut beeldskoon lyk en ongelooflik mooi voel.

Foto Krediet: M.Louw – LT Photography

“Doen dit self” is ook natuurlik ‘n opsie alhoewel grimmeer kunstenaars dit nie aan beveel nie omrede die grimmeer kunstenaars weet wat om na vore te bring vir die beste resultate. Odette Bukowski stel wel voor dat indien jy daarop uit is om eerder self jou grimmering te doen, dat jy vir paar grimmeer lesse gaan. Bukowski bied grimmeer werkswinkels aan waar sy jou leer om die regte produkte te gebruik, hoe om jou beste eienskappe na vore te bring en wat by jou gesig werk. Om jou eie grimmering te doen spaar jy dalk ‘n been op vervoerkostes maar dit sal steeds nodig wees om goeie kwaliteit produkte te gebruik.

Die produkte gaan moontlik ‘n arm kos maar die voordeel is dat die produkte is joune en dus kan jy dit verder gebruik soos jy wil. As jy iemand is wat nie gewoonlik grimmering dra nie, sal dit nie wys wees om al die produkte self aan te koop nie. Gebruik dan eerder ‘n grimmeer kunstenaar en onthou jou gesig is ‘n kunswerk. Kunswerke is nie gewoonlik sommer goedkoop nie.

Artikel deur Lady Temcke 

%d bloggers like this: