Trou Idees

Kollig 1(1)

    Pragtige Pampas – Gestileerde trou inspirasie

Met al die druk van die inperking die afgelope jaar, wou ons die geleentheid gebruik om weer inspirasie te gee aan paartjies wat besig is om hul droom troue te beplan. 

MM Photography en ‘n span van bekende Bloemfontein verskaffers, het saamgestaan en die pragtige gestileerde 

troue gereël.  Die inspirasie het gekom van iets baie eenvoudig…  Pampas!

De Oude Kraal Country Estate was die perfekte ligging vir die sprokie-mooi gestileerde troue.  Dit is geleë op ‘n Merino skaap plaas net buite Bloemfontein. Verseker een van die beste plekke om die rustige leefstyl van die Vrystaat te ervaar.

Vir dekor is Pampas gekombineer met gedroogte rangskikkings, wat tydloos is en maklik by enige trou tema kan inpas.  Verder was daar elemente van sagte pienk en perskekleur ingebring om die asemrowende prentjie te volmaak.

Die paartjie wat gebruik was om model te speel, het almal se asem weggeslaan. Die plaaslike ontwerper, Sade Jansen, het die trourok ontwerp en die juwele van Auburn Koi het dit baie mooi gekomplimenteer. 

Dit was ongelooflik om te sien hoe alles bymekaargekom het.  Al die harde werk van elke verskaffer was skielik nie net meer planne en idees op papier nie, maar ‘n werklike prentjie wat voor ons afgespeel het.

Raad aan toekomstige paartjies wat besig is om hul troue te reel…  gebruik verskaffers waarmee jy gemaklik is.  Jy spandeer baie tyd met elke verskaffer en dit is belangrik dat julle goed oor die weg kom en mekaar se idees verstaan.  Belangrikste is om elke deel van die troue te geniet, van die beplanning tot die groot dag, want dit is so gou verby.

 

Trou Idees