{Kollig Artikel} Blue Scape Productions

Romanse, visuele kuns en ekstra moeite

Deur Trou Idees

Dis nie aldag dat ‘n paartjie so baie van romanse hou, dat hulle dit hulle werk maak nie!

Anel en Ivan Rademeyer het Blue Scape Productions in 2012 begin omdat hulle mal is oor die romantiese deel van die lewe en besonder goed is daarmee om spesiale oomblikke in visuele kuns te omskep.

Die Rademeyers werk vanuit Gauteng, regoor die land om videografie en fotografie vir troues, verlowings en boudoir-sessies vas te vang.

“Ons standaard-pakkette vir troues begin by R15 000,” verduidelik Anel. “Maar ons kan ook custom pakkette uitwerk om aan ons kliënte se behoeftes te voldoen.”

Die basiese pakket sluit tien ure se fotografie of videografie deur twee fotograwe in.

“Ons foto-pakkette sluit minstens 500 foto’s op ‘n geheuestokkie, ‘n geraamde foto en ‘n album van 20 x 20cm in,” sê sy. “‘n Gratis verlowingsessie is deel van die troupakket. En ongeag of ons die foto- of videodiens verskaf, reis ons na enige plek in Suid-Afrika.

“Met ons video-pakkette ontvang ons kliënte ‘n lokprent of trailer, beeldmateriaal van die volle seremonie en onthaal en al die besonderhede van die voorbereidings op ‘n verpersoonlikte DVD/USB-stel.”

Die kort loervideo is baie gewild onder paartjies. Elmien en Jacques Viviers is in Maart vanjaar getroud en was in ekstase oor hulle lokprent.

“Ons het nog nie eens die lang een gesien nie maar weet dit gaan wonderlik wees. Ons spog baie graag met ons videotjie by almal wat lank genoeg sal stilsit! En dit kom nou van een wat haarself op ʼn foto en video haat!”

Dit is beslis nie ‘n maklike taak om die kort video te maak nie. Die grootste uitdaging is volgens Anel “om daardie perfekte liedjie te kry wat by elke paartjie se uniekheid pas”.

Dit is egter een van die dinge waarop Blue Scape Productions fokus om hulle diens besonders te maak.

“As ‘n getroude paar werk ons baie goed saam en ons sit net soveel moeite in ons kliënte se troues as hulleself,” sê sy.

Die Viviers’s stem volmondig daarmee saam.

“Die video is baie ‘ons’ – ek dink julle het ʼn spesiale talent om julle kliënte te leer ken en te weet waarvan hulle sal hou,” verduidelik sy. “Ek hou daarvan dat die video ernstiger is en nie grapperig nie. Die musiek pas pragtig en ek kan net dink hoeveel moeite en tyd dit van julle moes neem om te edit om dit so te kry.

“Dit is vreeslik intiem en professioneel gedoen. Julle het julle puik van julle taak gekwyt en julle moet weet dat dit vir ons baie, baie spesiaal is en ons die res van ons lewens daai videotjie met trots vir ons familie, vriende en ja…kinders sal wys!”

Anel sê die lekkerste deel van die werk is inderdaad om tyd met allerhande, verskillende tipes mense te spandeer en in hulle grootste oomblikke te deel. Hulle bereik goeie resultate deur die volgende raad te gee: “Geniet jou troudag en bly rustig. Dis belangrik om JOUSELF te wees deur die hele proses.”

 

Kontakbesonderhede:

Kontak nr: 061 817 5220

E-posadres: [email protected]

Webadres: www.bluescapeproductions.com

Facebookadres: www.facebook.com/BlueScapeProductions

 

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.

This website is maintained by

%d bloggers like this: