{Kollig Artikel} Bridal Alchemy

Meer as net trourokke

Deur Trou Idees

“Wat is nou lekkerder as om ‘n bruid op haar grootste dag soos ‘n prinses te laat lyk?”

Die eienaars van Bridal Alchemy in Northriding, Lizette Duncan en Raymond Fritz, het meer as ‘n dekade gelede ‘n brandende begeerte gehad om nie net ‘n werk te hê nie, maar om deel te wees van iets wat aan mense genot verskaf.

Met Lizette se oog vir mooi materiaal en ‘n natuurlike instink oor hoe om dit in ‘n glansryke rok om te tower, was ‘n bruidboetiek die voor-die-hand-liggende opsie.

“Maar ons is soveel meer as net ‘n boetiek vir bruide,” sê Lizette, die stigter en hoof-ontwerper. “Ons bruide vind gemoedsrus by ons omdat ons omgee oor die finale produk wat sy in die gangetjie dra. Die meeste van ons kliënte bly lank na hulle groot dag nog in kontak met ons.”

Raymond hanteer die bemarking en administratiewe gedeelte van die besigheid. Hy beaam Lizette se siening oor hulle diens.

“Elke dag het nuwe en opwindende uitdagings,” sê hy. “Maar die grootste dryfkrag is waarskynlik om ons kliënte se verwagting te oortref.”

Die besigheid se vyf belangrikste dienste is daarop gemik om ‘n bruid en haar gevolg se klere-kwessies kommervry te maak.

“Ons ontwerp en verkoop modieuse couture bruidsrokke teen redelike pryse,” sê Lizette. “Maar ons ontwerp en verkoop ook ma-van-die-bruid en blommemeisierokke. En ons verskaf ook allerhande bruidbykomstighede soos sluiers.

“Maar ons diens is nie net beperk tot troues nie,” sê sy. “Ons skep ook aandrokke vir spesiale geleenthede. Ons vaardige naaldwerksters kan dan ook enige rokke wat nie by ons gekoop is nie, verander of regmaak, hier in die studio.”

Raymond voeg by dat hulle verder ook rokke aanlyn verkoop.

“Ons het ‘n veilige e-handel winkel wat deel van ons webwerf is. Daar verkoop ons ‘n groot verskeidenheid bruidsmeisie-rokke,” sê hy. “Al die klere word handgemaak met spesifieke grootte-afmetings.”

Die trourokke begin by rondom R4 500 en sommige rokke tot by ongeveer R25 000.

“Ons gemiddelde verkoopprys is in die omgewing van R8 000, wat goed vergelyk met die bedryf se standaard,” sê Raymond. “Ons is trots daarop dat ons die meeste van ons bruide se begroting pas.

“Ons verhuur ook trourokke,” sê hy. “Ons vra nie ‘n fooi vir aanpassing- en ontwerp-afsprake nie. Die betaling geskied met ‘n 60% deposito, gevolg deur 20% binne 30 dae en die laaste 20%-betaling met die eerste aanpas-afspraak.

“Die diens sluit twee gratis rondtes vir veranderinge aan en dit is baie belangrik om seker te maak dat die rok perfek pas.”

Terugvoer van kliënte

~~Dayna De Bruin is in September 2017 getroud en is vol lof vir die diens wat sy ontvang het.

I was made to feel like an absolute princess! When I walked in on the first day and met Lizette, I knew she would be making my wedding dress. It was incredible how, after trying on a few dresses, I watched my dream dress come to life; first on a piece of paper and then in gorgeous quality material! After seeing my dress come to life I then decided that Lizette would make my bridesmaids dresses and my mom’s dress, and it was the best decision ever! Lizette will give you her best -always! From working through migraines, lying on the floor to cut my dress and referring us to a pharmacist for a quick fix, Lizette is an incredible woman who will give you exactly what you want and more! Could not recommend Bridal Alchemy more!

~~Meg van Eden het in November 2017 getrou en sy meen Lizette is een van Suid-Afrika se top-ontwerpers.

A tapestry has been woven! A dream has come true! Lizette Duncan, an amazing designer has created THE dress amongst dresses… a magnificent masterpiece of blush Russian satin hand cut and sewn with individual pieces of lace strategically and beautifully positioned on my dream dress, with a unique, sensational train of blended ivory and blush bon bon. A classic one of a kind, timeless wedding gown that I was soooo proud to wear. My wonderful Nana gave me a beautiful piece of Brussels lace, which Lizette hand sewed into a one of a kind garter. To top it all, my darling Lizette provided me with a second lace gown which I was privileged to wear during the latter part of my reception. Lizette, you treated me like a princess, from day 1…. an amazing bond has been forged! Thank you for your patience and top-notch treatment – making my vision and dream an incredible reality… what a beautifully and perfectly made gown! One of a kind! Words can’t describe my gratitude for what you have done! Not only did you create my dream dress, but you cleverly combined cerise pink and navy and made the most beautiful aubergine mother of the bride dress too. THANK YOU, SPECIAL LADY!

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar

 

 

 

This website is maintained by

%d bloggers like this: