Kollig Artikel {Elkan Butler Photography}

Vinnig en fantasties – Elke keer

Deur Trou Idees

Watter bruid wil nie hê haar troufoto’s moet soos dié in ‘n glanstydskrif lyk nie?

Elkan Butler meen sy unieke styl en aandag aan beligting is dit wat sy fotografie-besigheid Elkan Butler Photography so besonders maak. Hy waarborg boonop dat die foto’s en aanvanklike album-ontwerp binne twee weke gereed sal wees.

“Wanneer my bruide na hulle foto’s kyk en jy kan sien hoe dit hulle terugvat na die oomblik toe dit geneem is,” sê Elkan. “Daardie oomblik van liefde, geluk en drome wat gebou word. Dit is die lekkerste deel van die werk.”

Hy het die besigheid in 2009 begin, maar neem sy hele lewe lank al foto’s.

“My liefde vir fotografie loop regdeur my familie,” verduidelik hy. “Foto’s is van die waardevolste items wat jy kan besit omdat dit al is wat jy oor het saam met jou herinneringe.

“Om te weet dat my kliënte my vertrou om hulle belangrikste foto’s te neem, gee vir my ‘n doel in die lewe.”

Die besigheid is geleë in die suide van Johannesburg en verskaf hoofsaaklik fotografie rondom troues: verlowings, plaaslike en internasionale troues en die ontwerp en druk van ingevoerde fotoalbums. Videografie is ‘n bykomende diens wat al hoe meer gewild raak.

Kliënte kan kies van verskeie beskikbare pakkette wat wissel van tussen R12 500 en R50 000. Dit sluit 200 tot 800 foto’s in ‘n ingevoerde of gewone album in saam met eiesoortige glasdrukwerk en canvas. Al die foto’s word ook op ‘n luukse geheuestokkie gelaai.

Yuki Prinsloo trou op 28 Augustus en het reeds van Elkan se dienste gebruik gemaak. Sy sê hy het hulle heeltemal op hulle gemak laat voel en ongelooflike resultate gelewer.

“Elkan truly is a seasoned pro. It was such a privilege to be photographed by Elkan,” sê sy. “Not only are his photos amazing and creative but he delivered service unheard of in the photography industry. We had our photos within four days after our shoot.”

Ook Gina Athans dink Elkan se werk is asemrowend.

“I am completely blown away,” sê sy. “Thank you so much for your impeccable service”.

Dit is egter uitdagend om voortdurend sulke hoogstaande diens te lewer, erken Elkan.

“As ‘n voltydse fotograaf moet jy konstant opleiding doen om markverwant en modeverwant te bly,” sê hy. “Daar is dus ‘n prys aan gekoppel. Mens moet onthou dat diens en gehalte produkte op die einde van die dag ‘n redelike prys het.”

Sy raad aan voornemende bruidspare is om seker te maak dat jy jou fotograaf nie net vir foto-styl kies nie, maar ook persoonlikhede.

“Dit is uiters belangrik om goed oor die weg te kom met jou fotograaf,” waarsku hy. “Julle gaan baie tyd saam met die fotograaf spandeer, so julle moet ten volle gemaklik wees met mekaar om die beste resultate te verseker.”  

Kontakbesonderhede:

Adres:             Leonardlaan 3, Mulbarton, Johannesburg, Gauteng

Aanwysings: Vanaf Pretoria, neem N1 rigting Johannesburg. Volg die N3 na Durban, dan N12 na Kimberley. Neem die Comaro-afrit links en die vyfde verkeerslig regs in Bellairs. Draai links by die eerste verkeerslig in Hythe. Ry met die bult op en af en draai links in Dalbini. Daarna draai jy regs in Hastings en uiteindelik is Leonard die eerste straat aan die linkerkant.

Vanaf die Vaaldriehoek. Neem R59 na Johannesburg en gaan by die Kliprivier-afrit links. Hou aan tot verby Mall of the South. Die eerste verkeerslig na die winkelsentrum is True North, draai daar regs. Die eerste pad regs is Southstraat. Volg die pad en draai links in die vyfde straat, Archibald. Die eerste straat links is Leonard.

Telnr:              011 568 0193

Selnr:              066 235 9894

E-posadres:   [email protected]

Webadres:     www.elkanbutlerphotography.com

Facebookadres:        https://www.facebook.com/elkanbutlerphotography/

Instagram:                 @elkanbutler

 

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.

This website is maintained by

%d bloggers like this: