{KOLLIG Artikel} Piccolo Fine Designer Jewellery

Uniek, eksklusief, voortreflik – Juwele in besonderhede

Deur Trou Idees

‘n Trouring is nie net die simbool van julle ewige trou nie. Dis ook die een juweelstuk wat jy elke dag dra en jou unieke smaak weerspieël.

Die eienaars van Piccolo Fine Designer Jewellery in Queenswood, Pretoria – Johann en Suvette Claassens – meen jy moet jou juwele sien as ‘n belegging en daarom kwaliteit koop.

“Doen jou huiswerk oor verskaffers en vergelyk appels met appels,” sê Johann. “Goedkoop koop is duur koop.”

Volgens hulle is die grootste uitdaging waarmee hulle as ontwerpers van eksklusiewe juweliersware te doen kry juis om met goedkoper massaproduksie winkels te kompeteer.

“Ons glo nie in massaproduksie of afskeepwerk nie,” verduidelik Suvette. “Ons gee besonderse aandag aan die fyn besonderhede – die detail – en gebruik slegs die beste gehalte materiale. Ons vervaardig elke stuk met uiterse versigtigheid om die beste kwaliteit produk te lewer.

“Elke stuk is uniek volgens die kliënt se spesifikasies. Die kliënt is ons fokus en ons bring aandagtige persoonlike tyd saam hulle deur om die styl en voorkeure te leer ken voordat ons met die ontwerp-opsies begin.”

Johann en Suvette het Piccolo in 2008 met hierdie kenmerkende passie begin om die “onvergeetlike te kan skep”.

“Die beste deel van die werk is om te kan skep en die proses van skep – van idees uitruil met die kliënt tot by die finale produk,” sê Johann

Díe werkswyse is duidelik ‘n suksesvolle strategie uit die terugvoer van hulle kliënte. Yvette van Zyl is in Maart vanjaar getroud en sê om saam die span van Piccolo te werk was ‘n besondere aangename ervaring.

“Hulle het fantasie en die praktiese verweef in ‘n skepping wat my persoonlikheid pas, ons liefde vir mekaar simboliseer en ons sak perfek pas,” sê sy. “Die vakmanskap is voortreflik, die aandag tot detail sonder vergelyk. Elke dag raak ek nog meer verlief op elke subtiele besonderheid.”

Ook Marike Kersop wat later vanjaar trou is malverlief op haar verloof- en trouring.

“My verloofring slaan my asem weg en die trouring komplementeer dit baie goed,” sê sy. “Johann en Suvette is meesters met dit wat hulle doen. Hulle is ook baie professioneel, maar tog warm en vriendelik. Ek het ook baie gehou van die klein dingetjies wat hulle met die aflewering van die ringe bygesit het.”

Piccolo se belangrikste dienste is:

  1. Eksklusiewe juweliersontwerpe en -vervaardiging;
  2. Kwaliteit vervaardigingsvermoë;
  3. Verloof- en trouringe;
  4. Juwele met ‘n unieke styl vir elke geleentheid; en
  5. ‘n Fokus op die kliënt se persoonlike smaak en vereistes.

Daar is geen voorafbepaalde pryse beskikbaar nie.

“Elke stuk word afsonderlik geprys volgens die ontwerp en materiale wat gebruik word,” verduidelik Suvette. “Ons het geen voorraad of katalogusstukke nie.

“Elke stuk is uniek soos deur die kliënt versoek.”

 

Kontakbesonderhede:

Adres:                         Queenswood, Pretoria

Selnr:                          083 396 6178

E-posadres:                [email protected]

Webadres:                  www.piccolo-jewellery.co.za

Facebookadres:        @piccolo.contemporary.jewellery

Instagram naam:        Piccolo_designer_jewellery

Pinterest naam:          Piccolo Fine Designer Jewellery

Trou Idees:                    https://trouidees.co.za/verskaffers/listing/piccolo-fine-designer-jewellery-pty-ltd

 

 

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.

 

This website is maintained by

%d bloggers like this: