{Kollig Artikel} Ralph Jacobs Jewellers

Moissaniet – ‘n Meisie (en haar man) se beste vriendin

Deur Trou Idees

Is diamante regtig ‘n meisie se beste vriendin? Of is daar ‘n nuwe BFF op die horison?

Moissaniet is ‘n bekostigbare alternatief vir ‘n diamant. Dit het ‘n lae omgewingsimpak en die koolstofvoetspoor (carbon footprint) kan gemeet word. Maar, dit lyk nes ‘n diamant.

Ralph Jacobs Jewellers is kundiges wanneer dit by die gebruik van Moisanniet in juweliersware, en veral verloof- en troupante, kom.

“Daar is so ‘n stigma rondom nie-egte diamante,” verduidelik die mede-eienaar Nico van der Merwe. “Maar baie mense kan nie ‘n diamant bekostig nie. Hulle maak dan ‘n besluit oor die voorkoms van die ring en die grootte van die steen, alleenlik gebasseer op hoeveel ‘n diamant kos.

“Ons voel elke meisie verdien ‘n pragtige steen. Moisanniet is die perfekte alternatief.”

Nico en Rikus Kotze het hulle besigheid in 2013 oopgemaak en het winkels in Secunda in Mpumalanga en Durban in KwaZulu-Natal.

“Ons is mal daaroor om deel te kan wees van een van die belangrikste oomblikke van ‘n egpaar se lewe,” sê Nico. “Ons glo ook dat dit nie altyd nodig is om duisende rande te spandeer op ‘n pragtige ring of juweelstuk nie.”

Hy sê die lekkerste deel van die proses is wanneer hulle die hele pad saamstap.

“Om ‘n kliënt te hê wat ons opgewonde terugbel om te vertel dat sy verloofde ja gesê het,” sê hy. “En om hulle altwee dan te ontmoet om die troupant ook te ontwerp, is lekker.”

Hoewel hulle meestal daarop fokus om verloofringe en troupante te skep, geniet hulle dit ook om ander unieke tydlose stukke te skep. Ralph Jacobs is ‘n voorkeur-Moissaniet verskaffer maar maak ook juwele met ander edelstene en doen 3D-ontwerpe.

Nolene Strydom trou op 9 Maart 2019 en is gaande oor haar Moisanniet-ring.

“’n Trouring is ‘n trouring totdat iemand soos Nico by Ralph Jacobs kom en dit soveel meer betekenis gee,” sê sy. Maar as daai diamantjie blink, maak jy seker jy verduidelik so met jou hande dat almal die mooi ring moét raaksien! En jy weet jy is by die regte juwelier wanneer jou verloofde meer na sy uit ring uitsien as joune!”

Miles Inman-Bamber was baie beïndruk met die ontwerp wat die span gedoen het. Hulle is in Junie 2018 getroud.

“Die ontwerp van Ralph Jacobs was wonderlik,” sê hy. “Hulle het regtig my visie vir die verloofring verstaan.”

Nico sê bruidspare moenie dat die idee van ‘n diamant hulle vashou nie.

“Doen jou navorsing, kyk na verskillende stene en pas ‘n paar ringe aan. Hou jou gedagtes oop en as jy lief is vir iets wat blink, koop dan ‘n Moisanniet wat asemrowend lyk in ‘n verloofring.”

 

Kontakbesonderhede:

Adres:                         Lake Umuzi, Waterfront, Kiewietstraat 1, Secunda

            Telnr:                           087 551 0695

Selnr:                           083 688 2504

E-posadres:                [email protected]

Webadres:                  www.ralphjacobs.co.za

Facebookadres:          https://www.facebook.com/RalphJacobsSA/

Twitter handle:            RalphJacobsSA

Instagram:                   @ralphjacobssa

 

Trou Idees maak nie self van die dienste gebruik nie en maak staat op die eerlikheid van eienaars om ‘n akkurate weerspieëling van die produk of diens te gee. Enige terugvoer wat nie met hierdie artikel ooreenstem nie, kan gestuur word aan [email protected]. Dit sal na die betrokke besigheid verwys word vir kommentaar.

This website is maintained by

%d bloggers like this: