Kolwyntjies in ‘n bottel

Hierdie oulike reenboog koekies is baie eenvoudig om self te maak, en lyk boonop so pragtig! Die kleure kan afgewissel word om by jou kleurskema te pas, en is die ideale dankie geskenkie of  troukoek idee.

 

Hier is wat jy benodig:

– Witkoek mengsel (of jou gunstelling wit koek resep)

– Voedselkleursel (in die kleure van jou keuse)

– Wit botter of maaskaas versiersel

-Versierings of sprinkels
Hier is wat jy moet doen:

  • Maak die koek resep aan volgens die instruksies.
  • Verdeel die mengsel in gelyke hoeveelhede in verskillende bakkies (vir die aantal kleure wat jy graag wil maak).

 

  • Voeg ‘n paar druppels voedselkleursel by elke bakkie en meng jou deeg tot al die kleur deurgemeng is.
  • Plaas so 3-4 eetlepels van elke kleur deeg binne die glas bottels, sodat dit soos ‘n reenboog lyk. Los  1/3 van die bottel se spasie oop, sodat die koek kan rys. (Pas hierdie hoeveelhede aan as jy ‘n kleiner of groter bottel gebruik.)

  • Bak jou koekies volgens instruksies van jou resep (onthou dat dit bietjie vinniger gaan bak omdat die koekies kleiner is).
  • Verwyder die koekies van die oond, en laat dit afkoel. Versier met versiersuiker en sprinkels.

Artikel inligting van Lovely little details