{KONSEP FOTOSESSIE} Oggendtroue

Gestileerde fotosessie van ‘n anderse oggendtroue

Die idee vir die sessie was aanvanklik om ‘n “high tea” voor te stel, maar soos wat die verskaffers aanboord gekom het, het dit in iets veel meer verander. Ons is almal so opgewonde oor oggendtroues en wat dit vir dit vir voornemende trou-paartjies kan bied, dat ons graag wou uitbeeld hoe prentjiemooi en romanties so affêre kan wees. Die venue het die ideale spasie geskep om te voel asof mens buite in die natuur kuier, amper soos met ‘n piekniek, maar steeds beskerm is teen die elemente. Die sagte kleurskema het goed gewerk in die romantiese oggendlig, gekombineer met minder formele trourokke wat bietjie wegbreek van die tradisionele wit rok. Verskillende lekkernye, ‘n groot koek en ou familie-erfstukke is gebruik om weer terug te kom na die “ou dae” waar die hele familie sommer ingespring het om te help met ‘n troue. ‘n “High tea” het skielik in ‘n gesellige samesyn verander, ‘n informele saam-kuier tussen familie en vriende!

Venue: The Conservatory, Franschhoek (https://www.facebook.com/theconservatoryinfranschhoek/)

Fotograaf: Creatives International (https://www.facebook.com/creativesint/)

Blomme, Dekor & Trourokke: Mrs V Atelier (https://www.facebook.com/mrsvdesign/)

Hare & Grimmering: Mia’s Makeup (https://www.facebook.com/miasmakeup1/)

Modelle: Mechaela Hatting (vryskut) & Mcel Jean van 3D Models

Troukaartjies: Blooming Wonderful (https://www.facebook.com/bloomingwonderful/)

Troukoek: Little Flour Bakery (https://www.facebook.com/thelittleflour/)

Konsep-fotosessies is ‘n baie goeie bemarkingsopsie vir verskaffers. Dit is ook tot die
voordeel van ons bruide omdat hulle die idees en werk van goeie verskaffers onder oë
kry. Trou Idees wil graag help deur hierdie fotosessies op ons blad blootstelling te gee.

This website is maintained by

%d bloggers like this: