La-Rochelle & Wynand {Elegante bosveld}

Persoonlike Inligting:

·         Naam van Bruid: La-Rochelle Beukes (voorheen Rademeyer)

·         Naam van Bruidegom: Wynand Beukes

·         Datum en Tyd van troue: 7 September 2013 om 15h00

·         Venue: Woodlands Game Lodge & Conference Centre ( www.woodlandslodge.co.za )

·         Aantal Gaste: 55

 

Diensverskaffer Inligting:

·         Trou Koordineerder: Novello Designs ( www.novello-designs.com )

·         Fotograaf: 5 Talents Photography ( www.5talentsphotography.co.za )

·         Videograaf: Quake Portfolios ( www.quakeportfolios.co.za )

·         Bruid en Bruidsmeisie Rokke:  Bruid – Chamber of Couture ( www.coc.co.za ), Bruidsmeisie – Bride & Co.

·         Hare & Grimering: Hare – Styles by Tasha ( 083 348 7716 ) & Grimering – Make Up by MB ( www.makeupbymb.co.za )

·         Bruidegom en Mans pakke: Euro Suit

·         Blomme & Dekor: Novello Designs

·         Uitnodigings: Ruby Grey Creative ( www.rubygrey.co.za )

·         Koek: Frosting Couture Bakery ( www.frostingbakery.co.za )

·         Spyseniering: Woodlands Game Lodge & Conference Centre

 

Oor die Bruidspaar:

·         Hoe en waar het julle ontmoet? Ons het ontmoet deur MXit.. Ek en ‘n vriendin het nommers, of soos ons dit daai jare genoem het “contacts” uitgeruil en my liewe man was toe een van daai “contacts” wat ek toe by haar gekry het! Ons het vir lank net “gechat” en toe ons mekaar ontmoet het ons geweet dis vir ewig!

 

·         Hoe lank het julle mekaar geken? Ons ken mekaar al 7 jaar, en ons was op die dag van ons troue ‘n volle 5 jaar en 3 maande saam!

 

·         Hoe en waar het hy jou gevra om te trou? Hy het my in ‘n voëlpark naby Hartbeespoort die groot vraag gevra na ‘n dag se uitstappie, dit was baie spesiaal want ek het dit glad nie verwag nie, die plekkie was so mooi en die voëltjies het so tussen ons rondgeloop, baie spesiaal, omdat ons so lief is vir alles in die natuur!

 

·         Die troue (van A-Z): Dit was ‘n pragtige sonnige dag in die bosveld, nie te warm nie, en glad nie so koud soos ‘n week voor ons troue nie! Ek en my verloofde het sommer saam die Saterdag oggend na ons venue toe gery (en nee ons glo nie daarin dat dit “bad luck” is om mekaar te sien voor die tyd nie) daar het ons ons dekor mense ontmoet, en die perfeksionis wat ek is moes ek seker maak ALLES by die venue is perfek gedoen soos wat ek dit wou gehad het. Ons het dit kalm gevat die oggend, ons het absoluut niks gehad om oor te stres nie want alles was oorgelaat aan ons bekwame koordineerders!

 

Ons het begin regmaak, gaste het begin opdaag, en deur alles was ek so kalm dat ek dit self nie kon glo nie! Ek het regtig eers begin om so bietjie senuweeagtig te raak toe ek voor die kapel staan en wag dat die deure oopmaak! Dit was so lekker om weer familie te kon sien wat van ver af gekom het en om te sien dat ons gaste net so opgewonde is oor die dag soos ons.

 

Na ons fotosessie, het ons die onthaalsaal binne gegaan, DIE lekkerste kos gehad, die dansbaan geopen (na ‘n lang geoefen en danslesse) en net die aand vreeslik geniet saam met al ons naastes. Ons het ons troue   amptelik afgesluit die Sondag oggend met ontbyt by die venue saam met ons familie en van daar af het ons vertrek op ‘n 10 dae lange wittebrood in die Tuinroete!

 

Alles was regtig perfek, en na al my beplanning was dit ekstra lekkerder om te kan sê, daar het NIKS skeefgeloop by ons troue nie, alles was op tyd en volgens skedule! Ek is so dankbaar vir wonderlike ouers wat vir ons ons droom troue kon gee, en regtig al die besluite vir ons oorgelaat het, nie eenkeer was daar ‘n gestry of bakleiery oor wie wat wil he nie, hulle het ons keuses en besluite gerespekteer en daarvoor is ek so dankbaar vir my ouers.

 

·         Raad vir toekomstige bruide: Kry ‘n PROFESSIONELE fotograaf, doen deeglik jou huiswerk voor jy een kies! – As jy dit kan bekostig, ‘n videograaf is ‘n MOET, en nee, jy kyk nie net jou DVD/Video een keer en bere hom in die kas nie, ons videograaf het vir ons ‘n kort “clip” gemaak met “ highlights” wat ons met almal kon deel, die DVD self is so so mooi gedoen, daar is net eenvoudig goed wat jy op video sien wat jy NOOIT op foto’s alleen kan sien nie. – Gebruik ‘n koordineerder, al is dit net vir “on the day coordination”, selfs ek wat ‘n “control freak” is het net eenvoudig nie kans gesien vir daai stres op die dag om seker te maak als is reg nie, ek wou ook nie my familie “aanstel” om dinge te doen nie, dus, het ek geen “worries” gehad nie, alles was deeglik bespreek met die koordineerders en hulle het doodseker gemaak alles verloop vlot, want dis hulle werk om my gelukkig te hou. – Nooi net die mense wat vir jou saakmaak, moenie iemand bloot net nooi omdat hulle jou nooi nie. – As jy nie kinders by jou troue wil he nie, moet dan nie kinders nooi nie, dis hoe ons dit verkies het, ek het jammer gevoel vir die wat nou nie kon kom oor hulle kinders nie kon kom nie, maar dit was ons keuse. – Geniet elke oomblik van die beplanning asook die groot dag, koester elke oomblik, dit gaan verby in ‘n oogwink!

 

·         Die beste deel van ons troudag: Toe ek en my pa in die paadjie afgestap het in die kapel, om my bruidegom se gesig te sien toe hy my sien inkom by die kapel en om te hoor toe die Dominee sê ons is nou man en vrou! Verder sal ek niks aan ons troudag wou verander het nie, dit was 100% perfek en die hele dag was die beste dag ooit!

%d bloggers like this: