Laser snywerk

laser

Laser snywerk is te sien op amper alles in die winkels, dus word daar voorspel dat die volgende paar jaar baie groot gaan wees  vir laser gesnyde items.

Die rede vir die populariteit is die outydse gevoel wat die laser snywerk gee en omdat dit soos kant lyk.  Meeste soorte papiere kan so gesny word. Lasers kan ook uit perspeks, hout en romark (lyk soos spieël) sny.  Klippe kan ook graveer  word met gaste se name op.