Lavern & Renier {Plaas troue}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: LaVern Spiërs
  • Naam Van Bruidegom: Renier Oosthuizen
  • Datum en Tyd van troue: 14 Februarie 2015 om 16:00
  • Venue/plek van troue: Lagayim (Fochville)
  • Aantal gaste: 163

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: My wonderlike ma Carol Spiers en ek self
  • Fotograaf: My man se Niggie Amandie Uys
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid: Maggie Sottero
  • Bruidegom en mans pakke –
  • Blomme : Pragtige tannie wat in ons kerk is ( Tannie Sannetjie)
  • Dekor: Ek self, ouers en vriende
  • Koek: ‘n Wonderlike vriendin Elvira Viljoen
  • Spyseniering: David Fisher ( my niggie se man)

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: in 2005 het ek die man van my drome ontmoet.  Daai tyd die jong kerel. Ek sal dit nooit vergeet nie.  Het hom saam met een van my oud skool vriendinne ontmoet by ‘n motorfiets klub se by-eenkoms.  Verlief van dag een af gewees
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 10 jaar. En toe vra hy die groot vraag
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):  Die 20ste Des 2013.  Ons was vir die Des vakansie by ons ouers in Foochville.  Ons het die Donderdag 19.12.2013 gevlieg vanaf die Kaap,  die aand wou ek graag slaap klere aan trek, en ek kon nie, want hy wou nie die tasse oop maak nie (glad rap).  So dink ek dit is omrede dit 23:40 die aand is. Maar tog nie. So het Mnr die ring, binne in ‘n sakkie, in ‘n kous binne in ‘n skoen weg gesteek.  Hy het my al van te vore gevra waar ek graag wou verloof raak.  En hy het dit baie goed beplan.  Ons het Vrydag 20 Des by my ouers se huis gebraai. My beste vriendin was daar, by ouers en broers en so ook sy familie.  En daar deur die loop van die aand het hy die groot vraag gevra.  Ons het dit sommer daardie aand al gevier.  Hy was van plan om dit later in die vakansie te doen, maar was bang ek kom op die ring af J
  • Die troue (van a-z): die beste dag in my lewe het aan gebreuk.  Na 10 jaar se wag en 14 maande se beplanning.  Ek kon nie vir ‘n beter valentyns geskenk vra nie.  Die oggend vroeg al begin met die hare,  ek het 4 strooi meisies gehad en 2 pragtige blomme meisies.  So het die tyd vinnig begin stap.  Tuanette het ons gremering gedoen. En dit het pragtig gelyk.  En toe kom die tyd om na die sermonie te gaan, en dit is die oomblik wat die skoenlappers in my maag begin draaie maak.  Ek het vooraf n band laat op neem wat ek in die kerk laat gespeel het,  woorde wat ek graag met my aanstaande, sy ouers en my ouers wou deel.  ‘n toespraak wat ek gese het net voor ek by die kerk in stap,  die gaste was van hul voete af geslaan,  nie eers te praat oor Renier nie.  En so kom ek en dad in gestap by die kerk op die troumars, enige meisie se droom.  En toe die deel kom van fotos neem het my dad my lekker verras met ‘n donkie kar wat baie goed by die tema in gepas het. Wow regte plaas troue, alles het mooi in plek geval. Boere orkes, blik borde en bekers en ‘n lekker spit braai met vars plaas brode.  Die aand was een groot sukses. Lekker gedans en gelag saam met ons gaste tot 03:45 die volgende oggend
  • Raad vir toekomsige bruide: geniet die beplanning van jou groot dag. Tyd vlieg so vinnig verby, as jy weer sien is julle ‘n maand getroud
  • Die beste deel van jul troudag: ooops watse een kies ek.  Die oomblik wat ek as Mev Oosthuizen aangekondig geword het in die kerk, ek kon net nie help nie, my voete het sommer begin dans en spring.

 

%d bloggers like this: