Léan & Kobus {oggend troue}

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid:Léan
  • Naam Van Bruidegom:  Kobus Breytenbach
  • Datum en tyd van troue: 20 April 2013 om 08:30
  • Venue/plek van troue: Roodezand, Tulbagh
  • Aantal gaste: 60 gaste
Diensteverskaffer Inligting:
 Oor die bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons altwee het ‘n liefde vir rekenaars en dus was dit seker nie ongewoon vir ons om mekaar op via die internet te ontmoet nie.  Ons het ontmoet en was daarna onafskeidbaar.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het vir 8 maande uitgegaan voordat Kobus die “ja-woord” gevra het.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het ‘n piekniek gereël in Kirstenbosch Botaniese Tuine in Kaapstad – kompleet met ‘n bos rose, komberse, piekniekmandjie, ens.
  • Die troue (van a-z):Van die begin af het ons geweet ons gaan ons volle troue en wittebrood self betaal, daarom was ons vir ‘n jaar en 4 maande verloof voordat ons getroud is.  Ons wou eers ‘n tradisionele “aandtroue” met ‘n dans hê, maar die kostes het vinnig begin ophoop.  Tog het dit by ons bly spook om “iets anders” as die normale troue te hê.  En skielik het ons op ‘n (bitterlike) vroeë oggendtroue besluit!Ek het tafels vol van die wonderlikste ontbytkosse in my gedagtes gesien en die venue kon dit vir ons moontlik maak.  Die seremonie het 08:30 begin.  Aangesien die gaste van ver moes kom en VROEG moes opstaan, het ons vir hulle koffie en beskuit bedien voor die seremonie. Terwyl ons foto’s geneem het, het die gaste gesmul aan canapés soos spanakopita met spinasie, biltonghappies en salm-broodjies.  Daarmee saam het ons vrugtesappe en vonkelwyn bedien.  Die hoofmaal het bestaan uit gerookte varknek, bacon, roereier, sampioentertjies, oondgeroosterde tamaties, Danish pastries, muffins, broodtafel en kase en konfyt.  Ons het meer vonkelwyn, vonkel-druiwesap en bessiesap bedien.  Die ongelooflike mooi troukoek het as nagereg gedien – daar was ‘n laag wortel-en-pekaneut, ‘n laag vanilla-butter en ‘n red velvet-laag.  En moenie dink gaste gaan nie troukoek eet by ‘n oggendtroue nie – daardie HELE koek was in minder as ‘n uur opgeeet!Die troue het mooi vlot verloop en dankie tog, NIKS het verkeerd geloop nie.  Die grootste “drama” wat ek gehad het, was om 3 dae voor die troue splinternuwe strooimeisierokke te moes soek. Die gaste was absoluut gaande oor die “oggendtroue” idee.  Ons kry nou nog komplimente oor die kos en oor die heerlike kuier van ‘n oggendtroue. Dit was ook ‘n pluspunt dat ons sommer direk van die venue af kon vertrek om op wittebrood te gaan.  Ons kon ons hele troudag reeds as getroudes spandeer!  Behalwe vir die loop in die kerkpaadjie af, was dit beslis die beste deel van die troudag.
  • My raad aan ander bruide?  Moenie bang wees om jou blomme en dekor deur professionele mense te laat doen nie.  Dit gaan NIE noodwendig goedkoper wees nie en dit gaan jou baie frustrasies spaar deur dit oor te laat aan iemand anders.  Luister na jou diensverskaffers – hulle is al jare in die bedryf en WEET wat gaan werk en wat gaan nie werk nie – moenie in ‘n bridezilla verander nie, want daar’s niks so lelik soos ‘n bruid wat dink sy weet alles nie.Dit het sonder twyfel vir ons goedkoper uitgewerk om NIE ‘n tema te hê nie.  Ons het ‘n kleurskema gehad – groen, grys, wit en pienk.  Dis dit.  Ek het vir die diensverskaffers gesê wat die kleurskema is en gesê wat vir my mooi is – daarna het ek alles aan hulle oorgelaat!  Ek betaal hulle immers vir hul kennis en ervaring!  Dit was so heerlik om te ontspan en te weet dinge gaan mooi lyk!  ONTSPAN!  Daar gaan goedjies verkeerd gaan, so what!  Jou werk is om op jou heel mooiste te lyk op jou troudag en elke oomblik ten volle te geniet. En ONTHOU om ‘n “emergency kit” in te pak:  naald en gare, bordkryt, genoeg tissues, ens.  Deur die loop van die dag gaan daar iets wees wat jy gaan nodig kry!Doen jou begroting volledig.  Begroot eerder te veel vir ‘n ding, as te min.  Bespreek jou diensverskaffers lank vooruit – as ek nie my venue, fotograaf en hare-en-grimeringskunstenaar meer as ‘n jaar vooruit bespreek het nie, het ek hulle beslis nie gehad nie. Geniet jou troubeplanning en omring jou deur mense vir wie jy lief is!
%d bloggers like this: