Leandi & Alphonso {Karnaval troue}

Persoonlike Inligting:

  • Bruid: Leandi le Roux
  • Bruidegom: Alphonso le Roux
  • Datum: 29 November 2014
  • Venue: Olive Rock naby Tulbagh
  • Aantal gaste: 100

Diensverskaffer inligting:

  • Trou Koordineerder: Patrys Franken
  • Bianca Meeka Weddings
  • Fotograaf: Abri Kruger Photography
  • Videograaf: David Stone Missing Piece Films
  • Grimeerkunstenaar: Patrys Franken van Perfect Touch
  • Bruid se rok: Carmen Couture Kimberley
  • Bruid se juwele: Carlize Bam Jewelry and Accessories
  • Bruidegom se pak: Trenery
  • Blomme: Heike Fleur LeCordeur
  • Roomys: Las Paletas
  • Troukoek: The Velvet Cake Co
  • LIEFDE ligte: My Pretty Village
  • Kissing Booth: Pretty in Stains
  • DJ/klank/ligte: BAHA – Dirk
  • Vloer ‘Decal’: Epic Signs – Marius
  • Dekor: Patrys Franken
  • Candy- en popcorn stand: Display scenes

Meer oor die groot dag:

“Once in a while, right in the middle of an ordinary life, love gives us a fairy tale” This is true to your wedding day! It was unique, magical and very special! Met hierdie woorde beskryf die eienaar van die gasteplaas ons troudag.

 

Dit was liefde met die eerste whatsapp boodskap, in ‘n verhouding voordat ons mekaar fisies ontmoet het en 2 weke later op Kaapstad Internasionale lughawe, ware liefde met die eerste oogopslag. A match made in heaven – hoe dan anders? Hy bly in Johannesburg, ek in Kaapstad met geen gesamentlike vriende nie. Sy geliefde vakansieplek die bosveld, myne Parys, Frankryk! Wêrelde van mekaar verwyder word ‘n legkaart presies op die regte tyd voltooi soos God dit beplan het vir ons twee.

 

Presies 408 dae later, stap ek die paadjie af na my sielsgenoot, my perfekte pasmaat! Ons geluk ken geen perke nie! Omring deur ons geliefde familie en vriende…die mooiste groen wingerde…majestieuse berge…kabbelende water van die rivier duidelik hoorbaar waar ons trou…word ons EEN voor God. Ek sing my troubeloftes vir hom wat ekself geskryf en getoonset het – “my rots, my fondasie, ek kies net vir jou, die een aan wie ek getrou sal bly, my enigste ware liefde. Ek gee myself vir jou, wil elke droom saam jou bou. Ek belowe om jou lief te he, onvoorwaardelik…” Van die begin af wou ons ‘n buitelug troue hê, ‘n lekker kuier troue, ‘n dag vol van lag, vol geluk, vol van pret en plesier en dis presies wat ons karnaval troue was. Vir maande leef my ma (‘n troubeplanner) haar uit in die voorbereidings vir ons groot dag…wat op die dag van die troue deel word van die mooiste prentjie waaroor ek ooit kon droom. 350 meter vlaggies (eiehandig deur my my ma gemaak), papierballe in pastelkleure met hier en daar ‘n rooie (tipies my persoonlikheid), honderde meters lint en ‘fairy lights’ omskep die onthaaltent op die oewer van die rivier en die verskillende terasse in ‘n regte sprokieswêreld met ‘n feestelike atmosfeer.

 

Stalletjies met springmielies, spookasem, toffieappels, candy, ‘n kleurvolle roomyskarretjie met spesiaal vervaardigde roomyse, ‘n nar wat foto’s neem by ‘n regte ‘kissing booth’ van ons ‘opgetooide’ gaste, voer ons gaste in perfekte weer, weg na ‘n fantasiewêreld waarvan ek en my droomman die hoofrolle was. Ons gaste laat ‘n honderd rooi hartjieballonne die lug in om in ons geluk te vier. Ek trou in my ‘anderste as die normale’ trourok, spesiaal vir my ontwerp, met ‘n tikkie rooi as verrassingselement…wat later die aand verander in ‘n sexy minirokkie! Met die sterrehemel duidelik sigbaar vanuit ons onthaaltent en ‘n hart wat oorloop van liefde en geluk, is daar slegs een gedagte wat die hele tyd in my kop draai ‘for He has made everything beautiful in His time…’

 

Skakel van ons Save-the-Date video.

Skakel van hoogtepunte van ons trouvideo.

Skakel van my Gebed van ‘n bruid.