Leandra & Christo {Rooi, geel & roes}

Persoonlike Inligting:

 

·         Naam van Bruid:  Leandra
·         Naam Van Bruidegom:  Christo
·         Datum en Tyd van troue:  7 September 2013 om 15:57
·         Venue/plek van troue:  Lions-Rest Game Farm, Tweeling
·         Aantal gaste:  150

 

Diensteverskaffer Inligting:

 

·         Trou Koördineerder:  Joey van der Merwe en Leandra (bruid)
·         Fotograaf:  Wendy van Heerden Photography
·         Bruid en bruidmeisie rokke:  Self laat maak
·         Bruidegom en mans pakke:  Solomons
·         Blomme:  Joey van der Merwe
·         Dekor:  Joey van der Merwe
·         Koek:
·         Spyseniering:  Lions-Rest

 

 

Oor die bruidspaar:

·         Hoe en waar het julle ontmoet:  My man Christo is aan my voorgestel deur my ma, Rona wat saam met Christo werk.  Ek was reeds amper ‘n jaar in die Vrystaat en Christo maar nog redelik kort, ons beide moes ʼn nuwe vriendekring opbou en het my ma dit goed gedink om ons aan mekaar voortestel met ʼn braai, Desember 2011.  Ek het op daardie stadium Christo aanvaar as net ʼn vriend en het nie veel kontak met hom probeer hou.  Groot was die verassing toe hy my uit die bloute nooi vir ʼn 4X4 roete in Lesotho.  Ek het die uitnodiging aanvaar, en dit is waar die groot liefde tussen ons dan ook begin het.
·         Hoe lank het julle mekaar geken:  Ons ken mekaar sedert Desember 2011
·         Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):  Ons het 17 November 2012 met ʼn romantiese piekniek, verloof geraak. (Ek natuurlik heel onbewus van die verloofring en die ja woord wat hy sou vra).
·         Die troue (van a-z):  Ons troue was beplan deur beide van ons.  Ons wou ons idees gebruik, die voeling was dat dit vir die bruid en haar bruidegom ‘n unieke dag is.  Iets om altyd te onthou, so bietjie van haar en so bietjie van hom.  Omdat ons albei lief is vir die natuur en diere, wou ons ook die spesiale dag so “aards” as moontlik hou.  Ons het besluit om ‘n venue te kry wat so bietjie plaas en ook so bietjie “natuur” is, ons venue wat ons dus gekry het, het aan ons vereiste voldoen, ‘n plaas met leeus, en ander wild.  Op die plaas was ook ‘n ou en vervalle plaashuis en motor waar ons die mooiste fotos kon neem, daar was ‘n Logde waar ons almal in gemak die naweek van die troue kon deurbring.  Ons troue was beplan om gemaklik te wees , prettig maar smaakvol maar ook so bietjie anders as tradisioneel.  Ons kleurkombinasie vir die troue was pragtig, roes met bloedrooi rose en helder geel varkore en ook baie groen toevoegings tot die blomme.  Ons het ook swart ingebring in ons kleurskema, en die tafels en stoele was gedrapeer in swart, met goiingsakke (Hessian) as overlays en stoel oortreksels.  Die servette was ook swart en alternatief elke tweede servet verfraai met ‘n geel en dan rooi strik.  Vir elke gas het ons “wood slice” laat sny wat gedien het as ‘n underplate wat hulle kon neem as ‘n geskenk van die bruidspaar.  Saam met die underplate het elke gas ook ‘n “eetgerei sakkie” huis toe geneem, wat ook handgemaak is van hessian, wat tydens die ete langs die borde geplaas is met die eetgerei daarin.  Met die kerkdiens het ons Pastoor gevra om ‘n inleidingsdiens te gee.  Die verhaal van die Skepping, Adam en Eva.  Met pastoor se afsluiting “Toe sien God Adam was eensaam en maak vir hom ‘n maat Eva”, het daar oomblik van stilte gekom en het ek die ingang van die kerk betree met die Bridal March en nie die gewone Wedding March. Christo het my halfpad ontmoet waarna ons saam vorentoe beweeg het.  Omdat ons nie werklik ‘n troumotor benodig het nie (die venue, die lodge en die chapel alles binne loopafstand) het Christo vir ons ʼn kruiwa geroes, moois kussings ingepak, en nadat ons die kerksaal uitgestap het – het hy my in die kruiwa laat sit en gestoot tot by die onthaal area – natuurlik tot almal se vermaak.   Ons onthaal was ʼn groot sukses en baie plesierig.  Ons het alle enkellopende dames gevra om deel te neem aan die “musical chairs” waar die laaste sittende dame die blomme gekry het van die bruid.  Die mans moes deelneem aan die opveiling van die kousband, die hoogste bod is toegestaan op R2000,00 en die koper van die kousband moes die band aan die dame se been sit wat die blomme van die bruid ontvang het.  Na al die verrigtinge het die oorblywende gaste ‘n koepel gevorm, waardeur die bruid en bruidegom gestap en almal gegroet en bedank het.
·         Raad vir toekomstige bruide:  Wees rustig op jou troudag. Sorg dat daar net die nodigste mensies saam met jou is vir hare en grimering en niemand wat jou dag gaan versuur nie.  Alles is reeds beplan en sal uitwerk soos dit moet. Moet oor niks bekommerd wees nie en neem alles in waaraan jy so lank beplan het en gaan voluit om dit te geniet!
·         Die beste deel van jul troudag:  Die oomblik toe ek in die kapel afstap en vir Christo sien, dit was die grootste en BESTE oomblik van my dag.  Die wete dat HIERDIE man myne is vir ewig en vir altyd.

 

 

 

%d bloggers like this: