Lejeune & Johann {Turquoise Idees}

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Lejeune Saunders
  • Naam Van Bruidegom: Johann Saunders
  • Datum en Tyd van troue: 29 September 2012 , 16h00
  • Venue/plek van troue: Galagos Country Estate
  • Aantal gaste: 124 gaste

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder:Ek het als self gereel met die hulp van Lorraine van Papilio Designs.
  • Fotograaf: Louis Van Zyl Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Isabella Angel Couture
  • Bruidegom en mans pakke: The Dress Suit Boksburg
  • Blomme : Papilio Designs
  • Dekor: Papilio Designs
  • Koek: Jonathen Kershaw
  • Spyseniering: Galagos Country Estate (Fantastiese kos)

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek het hom by die skool gesien. Ek het vir een van my vriende vertel hoe oulik hy is en hy het hom toe gaan vertel. Een aand by Valentinos het hy my raak gesien en homself kom voorstel aan my. Ons was van daardie aand af sulke goeie vriende vir 5 jaar. Hy het n meisie gehad en ek intussen n ou ook. Toe ons altwee nie meer in n verhouding is nie het ons gegaan vir ete en daar was net Sparks van daai dag af. Ons is vandag al 7jaar saam en sal dit vir niks in die wereld verruil nie.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons ken mekaar al 13 jaar

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was bietjie vir n naweek Sondela Nature Reserve toe gewees. Ons het die saterdag oggend (14 November 2009) gaan “target shooting” doen. Ek het dit nog nooit gedoen nie maar was so lekker gewees. Johann is vreeslik bang vir slange. Toe Le daar nog n slang reg langs hom. Hy spring Bo op die muur en kruip agter my weg.Het so gelag. Ons het toe gaan pyl en boog skiet. Waar hy op die middel van die “target” in n mooi sakkie die boksie met die ring in gehang het. Hy het dit gaan haal en hy het nie eers kans gehad om op sy knee te gaan nie toe is ek in sy arms. Die was so spesiaal vir ons gewees.

 

  • Die troue (van a-z): Van die begin tot einde was die hele dag n groot sukses gewees.Ek en my bruidsmeisies moes al 7uur by die haarkapper gewees het.Terwyl ons hare en make-up gedoen was het ons champagne gedrink.Dit was so lekker om saam hulle dit te kon deel. Ons het van daar af na die venue gegaan om net te gaan ontspan. Die venue het vir ons die lekkerste platter in die honeymoon suite gehad. Ons fotograaf (Louis Van Zyl) en videograaf ( Nic Janse Van Rensburg – Timeline Productions) het later opgedaag en begin fotos neem van hoe ons klaar gemaak het. Ons het so gelag en gesels. Ons was al vroeg klaar met die fotos en toe ons weer kyk is dit tyd om kerk toe te beweeg. My pa was meer op sy senuwees as ek. Toe ek in die kerk afstaf het my oe dadelik my man se oe gevang en ek wou net by hom kom en hom vasdruk. Ons het die mooiste diens gehad. Na die diens het al die mense hulself geniet met n cocktail en platters. Ons het nog fotos gaan neem. Ons het by ons saal ingekom later teen die mooiste trappe af. WOW is al wat ek van daai aand kan se. Ons het die dansbaan geopen met  I’d lie for you and that’s the truth van Meatloaf. Terwyl ons gedans het, het daar rook geblaas en vere uit die dak geval. Ons aand het geeindig met n groot vuur buite en almal wat die laaste paar ure saam ons geniet het.Ons is so dankbaar vir ons wonderlike familie en vriende wat die dag saam ons kom geniet het.  Ek is die gelukkigste vrou op aarde.Het die beste man en die mooiste seuntjie.

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie dat iemand jou troudag probeer oorvat nie. Dit is jou dag en maak die meeste van dit. Dit gaan so vinnig verby!

 

  • Die beste deel van jul troudag: Dat ons pragtige seuntjie deel was van ons sprokies dag. En al ons familie en vriende wat ons dag saam ons kon deel.