Liandri & JP {Klassiek Swart en Pienk}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Liandri van Niekerk
  • Naam van Bruidegom: JP van Niekerk
  • Datum en Tyd van troue: Oktober 2012 om 17:00
  • Venue/plek van troue: Galagos Country Estate (Mooiste Plek in Pretoria)
  • Aantal gaste:100 gaste

 

Diensverskaffers:

  • Trou Koordineerder: Yolanda Buitenbos (Van Galagos Country Estate)
  • Fotograaf: Little White Ribbon Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Self gekoop
  • Bruidegom en mans pakke Self gekoop
  • Blomme: Familie vriend
  • Dekor: Venue het verskaf
  • Koek: Annelie Smith

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek en JP was saam op skool. In ons matriek jaar het ek sy aandag gevang in die rekeningkunde klas. Na ‘n lang ogies maak vir mekaar het hy my uiteindelike uitgevra.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken? Ons was van stander 6 af saam op skool.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy  het my op die 11 November gevra om te trou. Dit was die langste slegste dag van my lewe. Hy het my na die aaklige oggend na Silver Star Spa toe geneem en na ‘n heerlike ge”pamper” het hy my gevra die JA woord gevra oor ‘n glasie shampanje.

 

  • Die troue (a-z): Ons troudag was Ongelooflik.  Ek en my vriendinne het die oggend by die venue gekom, dit het soos die MOOISTE dag gelyk, tot net so voor ek moet aantrek toe begin dit SOUS soos ek nog nooit gesien het nie. Almal behalwe ek het in ‘n paniek in gegaan. Daar het die mooiste reënboog oor die hele tuin gevorm. My liefste man en sy gevolg het op daardie oomblik net die vuur suksessvol aangesteek net vir dit om te reën. Ons fotograaf het in die verkeer vas gesit saam met die meeste van die gaste. Ons Videograaf het heeltamal verdwaal. Maar almal het darem die plek gekry en uiteindelik kon ek en JP trou. Ek het omtrent by die by die gang afgehardloop. Ek was baie gretig om te trou! Na ‘n ongelooflike mooi diens is ons uiteindelik man en vrou tot die dood ons skei.  Ons het koek gesny na die diens vir almal om te geniet terwyl ons familie fotos neem. In die saal verass ons die gaste toe ons van die balkon af met elegante trappe kom tussen deur die rook van die rook masjien.  Ons het ‘n heerlike maaltyd gehad en na osgelooflike mooi toesprake geluister. Ons eerste dans was so spesiaal, ons het nie eenkeer geoefen nie. Op daardie oomblik het dit gevoel of dit net ek JP in die wereld is. Dit was so mooi.  Ek en my pa het toe ook ‘n dans gedeel. Ons het gedans tot ons voete bloei, letterlik. Ek het m toon oopgestamp op die dansvloer. Uiteindelik is die groot dag to ook op sy rug!

 

  • Raad vir Toekomstige Bruide: Maak nie saak wat op die groot dag verkeerd gaan nie, moet nie laat dit jou en jou man se spesiale dag omkrap nie. Jy trou tog immers met jou beste maat, julle kan lag oor al die dinge later in julle lewe. Niks kan so groot oomblik vir mens opmors nie. En baie NB neem elke oomblik in dit gaan baie vinnig verby.

 

  • Beste deel van my troue was toe Wilhelm (ons Dominee) vir JP sê “ Jy mag nou maar jou vrou soen hoor”