Lindi & Marius {Vintange Laventel}

 

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Lindi Els
  • Naam Van Bruidegom: Marius Ellis
  • Datum en Tyd van troue: 4 Januarie 2014 17:00
  • Venue/plek van troue: De Oude Werf , Bronkhorstspruit
  • Aantal gaste: 150

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: De Oude werf. Johan en Hanli
  • Fotograaf: Laura Jane
  • Blomme : Oude Werf
  • Dekor: Alles self gemaak deur die bruid se ouers
  • Spyseniering:De Oude Werf

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Op ‘n uitreik by Bronkhorstspruit 2012
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 2 jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Op die drakensberg. Het met ‘n hellikopter op berg geland.
  • Die troue (van a-z): Dit was ‘n Sprokiesverhaal wat waar geword het. Ons het besluit op ‘n First Look voor die troue. Marius was geblinddoek en Lindi het die blinddoek afgehaal. Sy reaksie was ongelooflik. Ons het saam vir mekaar en vir die Here se seën oor ons dag en oor ons huwelik gebid. Ons het fotos saam met ons ouers en gevolg geneem en is toe na die Kapel by de Oude werf. Die kapel was versier met helder ballonne, wat ‘n totale verrassing vir die bruidspaar was. Ons het geweet daar gaan ballonne wees buite maar nie dat die hele kerk ok gevul gaan wees met dit en dat elke gas ‘n geskenkpakkie vol lekkernye gaan ontvang nie. My Dad het stories geskryf oor die hele dag- hier volg ‘n gedeelte van wat hy geskryf het:

    Die groot dag

    4 Januarie 2014 is nie ‘n dag wat ek ooit sal vergeet nie.

    Terwyl die dames en manne mooi gemaak is het ek my spesiale oomblik voor die kapel saam met die Here gehad. 

    Ek het dankie gesê vir ‘n wonderlike sonskyndag en helder ballonne een vir een die blou blou lug laat opstyg.

    Ek het geweet dat die Here se seën op die dag rus en dat alles goed sal verloop.

    Ek het rustig geraak en toe laat los ek sommer ‘n bos van 30 ballonne wat eintlik op die tekens langs die pad moes kom…

    Toe het ek my first look met my pragtige dogter gehad, en gehuil, al het ek belowe dat ek nie sal nie.

    Die fotos saam met Jaco en Laura Jane was ‘n belewenis en Marius en Lindi se first – look is nie iets wat ons ooit sal vergeet nie. 

     

    Voor die diens het ons yskoue drankies in outydse botteltjies aan die gaste bedien. Dit was omtrent warm!!!

    Ons het die kerk met helder ballonne gevul en aan elke ballon was daar ‘n geskenkpakkie vol lekker bederfies vir elke gas.

    Die ballonne in die kerk was ‘n verrassing selfs vir Lindi en Marius en om die uitdrukking op hul gesigte te sien toe die kerk se deure oopgaan was onvergeetlik.

    Die gaste het hul sitplekke ingeneem.

    Die kerse aan weeskante van die middelpaadjie is een vir een aangesteek in herinnering aan al die familie en vriende wat nie vandag hier kon wees nie omdat die hemel net te ver is. Ouma Marie, Oupa Toer, Koos, Freek, Tannie Mavis, Gran, …  my trane wou nie wegbly nie.  

    Melryk en Annette het gaan sit.

    Helga het haar sitplek ingeneem …

    Die drie Roetsboeties het eerste ingeloop. Trots en met net die regte attitude. 

    Die ses strooimeisies het een vir een ingeloop, beeldskoon!

    Ek het my pragtige dogter die kerk ingelei op ”The book of Love” Ek was trots, so verskriklik trots!!!!

    Toe volg nog ‘n verrassing vir die bruidspaar. 

    Ek en Lindi het halfpad gestop, 

    Ek het die DJ gevra om die musiek te stop  en met Marius gepraat.

    Ek het hom herinner aan die beloftes wat hy gemaak het toe hy my gevra het of hy met Lindi kan trou. 

    Net om sy geheue te verfris het ek vir hom ” Kan ek jou Superman batman…” liedjie laat speel tot ek en Lindi tot voor die preekstoel geloop het. 

    Hy het belowe hy sal mooi na haar kyk en haar oppas in die donker en vir haar ‘n Hero wees!!!

    Die ys was gebreek, Marius was net all smiles, Lindi in trane.

    My amper seun het my ‘n drukkie gegee, ek het vir die laaste keer Lindi Els gesoen en Ds Frans was reg vir sy preek!!!

     

  • Raad vir toekomsige bruide: – Geniet elke oomblik van die beplanning. Gebruik ‘n goeie fotograaf en maak asseblief ‘n DVD . Daar is net teveel kosbare oomblikke wat mens mis. Ons het ‘n Facebook groep begin Lindi en Marius het getrou. Ons het al ons gaste van die begin af uitgenooi na die groep toe en kon so alle inligting aan hul deur gee. Hulle was van die begin af deel van die beplanning. Ons het die dae afgetel met fotos en al ons familie en vriende het in die aftelling gedeel en was werklik deel van die troue. Hul kon nie wag vir die troudag en die fotos nie.
  • Die beste deel van jul troudag : Die liefde wat ons beleef het. Elke gas was daar omdat hulle so graag daar wou wees.



style=”display:inline-block;width:728px;height:90px”
data-ad-client=”ca-pub-6502110301892345″
data-ad-slot=”4261342212″>

2 thoughts on “Lindi & Marius {Vintange Laventel}”

  1. Dit is ‘n pragtige troue, vol kleur en vreugde. Ons is baie dankbaar dat ons so bevoorreg is om die dag met julle te kan deel, al is dit net met die fotos. Lindi jy en Dominee Marius is regtig twee pragtige mense en baie geliefd. Mag jul lewe saam net so mooi soos jul spesiale dag wees.

  2. Baie dankie vir die plasing van die troue. Dit was werklik ‘n Bruilofsfees wat ons vir altyd sal onthou. Baie dankie aan almal wat in die dag kom deel het. Julle is kosbaar!

Comments are closed.