Magda & Neels {gemaklik en romantiese}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Magda Pretorius
  • Naam Van Bruidegom: Neels Pretorius
  • Datum en Tyd van troue: 7 Junie 2014 15:00
  • Venue/plek van troue: Makiti Wedding Venue
  • Aantal gaste: 60

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Dedere by Makiti
  • Fotograaf: AAA Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid se rok is gemaak deur Lizette Ducan by Bridal Alchemy. Die bruidsmeisies se rokke is by China Mall gekoop.
  • Bruidegom en mans pakk; Ons het net dasse en onder baadjies gekoop, by die groot China Mall in JHB
  • Blomme : Mr Price Home
  • Dekor: Makiti Wedding Venue
  • Koek: n Vriend van my ouers het die koek vir ons gebak as geskenk
  • Spyseniering: Makiti Wedding Venue

Oor die bruidspaar:

• Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het vanaf 2010 begin “chat” op “mxit”. Ek het in 2012 die moed bymekaar geskraap om hom te ontmoet vir koffie. Ons het van die begin af geclick. Hy het elke naweek by my kom kuier en die Febuarie 2012 het hy by in getrek. Van daar af is ons onskeibaar.

• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons ken mekaar nou al so 4 jaar.

• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het saam besluit om verloof te raak. Ons het saam gegaan om my verloof ring te kies. Ons het een Sondag al die naaste familie genooi saam gebraai en daar het hy met gevra om te trou.

• Die troue (van a-z): Ons sou eers 2015 getrou het maar deur familie lede wat baie siek was moes ons die troue vorentoe skyf. My broer is 2 weke voor ons troue oorlede.

Alles was perfek gewees die venue het regtig baie mooi na ons gekyk. Ek het my rok al November 2013 bestel by die vrou wat my rok gemaak het. Ons het haar in Maart 2014 in gekennis gestel dat die trou in Junie 2014 sou wees en nie meer in 2015 nie.

My “maid of honor”, wat my jongste sussie is en my beste vriendin het my hare gedoen. Ons het een van die nuwe fancy krul tange gekoop en so het ons geld gespaar om iemand in te kry om my hare te doen (omdat daar nie fondse vir die was nie).

My ander Strooimeisie was my man se best man se verloofde. Sy het aangebied om my “make up” te doen.

Alles was perfek gewees, ons trou het begin 15:30, omdat daar belangrike gaste was wat laat gekom het. Dit was n asemrowende gevoel gewees toe die kapel se deure oopgaan en ek aan my Pa se sy in die paadjie afloop na waar my man gestaan en wag het.

Die Dominee se preek was pragtig gewees en hy het dit baie persoonlik gemaak omdat hy ons albei geken het. Nadat ons die register geteken het, het my man die grap gemaak en vir die Dominee gevra om die huwelik sertifikaat n verval datum op gehad het.

Daarna het ons uit die kapel gestap met die liedjie van Karlien van Jaarsveld – niks beter as liefde wat in die agter grond speel. Van die dames het confetti (gedroogde roos blare) voor by my rok ingegooi.

Die gaste her verdaag na waar die welkom drankie bedien was, en die trou koek en cup cakes was as welcome snacks bedien. Die mense het dit baie geniet.

Ons formele trou fotos het pragtig uitgekom en ons kon nie vir beter fotograwe gevra het nie. Ons het die saal binne gestap op n thousand years van Christina Perry. Die Dominee het die onthaal geopen met die openings gebed, en die venue se staff het ons bedien met voorgereg. Daarna was die toesprake. My swaer, my jongste sussie se man, het die heildronk op my en my ouers ingestel, My man se best man en beste vriend het die heildronk op ons asook hom en sy ouers ingestel.

Daarna was die hoofgereg bedien. Wat heerlik was. Ons was daarna uit in die koue om fotos in die aand te neem, en toe in weer die saal binne tree, het tafel 3 my blomme weggesteek wat op die Bruidstafel gele het.

Ek en my man het die dansbaan geopen op How Long Will I love You van Ellie Goulding. Ons het ook die bouquet en garter toss direk daarna gedoen omdat daar mense was wat moes vroeg ry omdat hulle ver gebly het.

Daarna het almal gesellig gekuier tot die laaste gaste om 22:30 huis toe is en ons kon rustig verkeer in die honeymoon suite. Dit was n sprokiesdag vir albei van ons.

• Raad vir toekomsige bruide: Geniet elke oomblik van jou troudag, en die beplanning.

• Die beste deel van jul troudag:

Myne was:

– Toe my Pa my in die paadjie aflei

– Toe ons die saal binne tree as man en vrou

– Toe ons die dansbaan geopen het

My man sin was:

– Toe hy my sien afloop in die paadjie

– Toe ons die dansbaan geopen het

%d bloggers like this: