Mari & Desmond {Pers & Goud}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Mari Britz
  • Naam Van Bruidegom: Desmond Belcher
  • Datum en Tyd van troue: 29 Junie 2013 15h00
  • Venue/plek van troue: Laerskool Boerefort
  • Aantal gaste: 60

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Mari Britz Fotograaf: Bubble-Lee Photography
  • Bruid se rok: Mari B Creations
  • Bruidmeisie rokke: Susan Collins
  • Bruidegom en mans pakke: Elkeen het self verskaf
  • Blomme : Mari B Creations
  • Musiek en ou kar: AMA Promotions
  • Dekor: Mari Britz
  • Koek: Susan Britz
  • Spyseniering: Susan Britz en Susan Collins

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Des se familie is my (Mari) se vriende. Sommer vinnig vinnig het ons vriendskap al dieper geraak, en na 6 maande het ek opgepak en George toe getrek na die man van my drome.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Des het eendag so uit die bloute vir my ‘n boodskappie gestuur. “Ag trou met my toe.” Dit was so opreg amper desperaat, hiehie, hoe kan jy nou nee sê?
  • Die troue (van a-z):Hierdie troue, was nou vir jou ‘n DIY troue deur en deur. Van die gaste se geskenkies, tot die dekor, die koek, die tafels, alles het ons self gedoen met die wonderlike hulp van vriende en familie. Ons het die troue oor ‘n tydperk van ‘n jaar beplan, en soveel as moontlik van die diy goedjies was baie lankal voor die troue reeds klaar en reg. Dit was groot opgewondenheid en net soveel frustrasie om ‘n troue vanaf George in Pretoria te beplan. My ma wat op chemo-behandeling was gedurende die tyd, het my nietemin soveel gehelp. Dit is vir my priceless, en die toonbeeld van ware liefde.
  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie te veel self wil doen nie, jy put jouself onnodig uit, aan die einde van die dag geniet die gaste dit nogsteeds vreeslik en dink jou troue is pragtig. As ‘n paar van jou detail nie daar is of in plek is nie, is dit net jy wat dit weet. Geniet jou troue, dis een besonderse dag.
  • Die beste deel van jul troudag: Die beste deel van my troudag was toe my man langs my kom staan het en vir my gesê het, dat geen van sy vriende en familie (wat hy baie lanklaas gesien het) vir hom nou soveel beteken soos ek nie. Dit was wonderlik om te hoor ek was vir hom alles op ons troudag.