Mari & Johan {swart, wit en antieke goud}

Persoonlike inligting:

  • Naam van Bruid: Mari Viljoen,
  • Naam van Bruidegom: Johan Viljoen
  • Datum en tyd van troue :01/02/2014 om 15:00
  • Venue: Twin River Family Estate
  • Aantal gaste: 84

Diensverskaffer inligting:

  • Trou kordineerder: Natasha smit
  • Fotograaf: Brood en Botter
  • Bruid en bruidsmeisies rokke: JS Collections
  • Bruidegom en Mans pakke: Tillie Steyn
  • Blomme: Natasha Smit
  • Koek: Dreamz cakes-Hettie
  • Spyseniering:Venue

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:  Ons het ontmoet op skool. Ons was albei in HS Overvaal en het vriende geraak in die kuns klas.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar 5 jaar geken.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het 26 Des 2012 parys toe gegan vir die dag. Oppad terug het hy my na Henley on Klip gevat en my laat uit klim in die pad om na die maan te  kyk. Toe ek omdraai het hy op sy kniee gekniel en die boksie uitgehou waar hy my gevra het.
  • Die troue (van a-z): Ons troudag het baie lekker begin. Toe ons die oggend wakker word het ons  die laaste paar goedjies reg gekry.Johan moes nog sy hare laat sny. Ons was om 11:00 by die venue waar die bruid en bruidsmeisies in hulle eie kamer was asook die bruidegom en sy groomsmen. Ons het geskarrel om te help om die dekor klaar te kry. Ons wou buite teen die rivier trou maar toe die stoele uitgesit word het dit  begin reen. Die helpers moes skarrel om die stoele op te dra en ‘n ou perde stal omskep in kapel waar ons toe getrou het. Ons diens was mooi,snaaks,en onvergeetlik. Ons vang toe al ons gaste -toe hulle ons gooi met die konfetti toe gooi ons maar terug. Familiefoto’s & foto’s saam met gevolg is gedoen. En toe ons eerste fotosessie as man en vrou. Na die fotosessie het ons ingeloop in die onthaal area in en is verwelkom deur al ons gaste. Ons het voorgereg gehad, heildronke is gedoen en ons het hoofgereg gehad. Daarna het ons lekker Fun gehad met die daans baan wat geopen is.
  • Raad vir toekomstige bruide: Spaar en betaal maande vooruit. Dit maak baie minder stress,moenie jouself steur an ander mense se opinies nie.Dis die moeite werd om daai ekstra sente te betaal.
  • Die beste deel van my troue was toe ek by die kapel instap en ek sien hoe my man vir my kyk.Die manier hoe hy my hand gedruk het en ek weet hy’s net so senuwee agtig soos ek maar tog net so exited soos ek.



style=”display:inline-block;width:728px;height:90px”
data-ad-client=”ca-pub-6502110301892345″
data-ad-slot=”4261342212″>

%d bloggers like this: