Marina & PJ {Moulin Rouge Vintage}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Marina Smith
  • Naam Van Bruidegom: PJ Nel
  • Datum en Tyd van troue: 9 Augustus om 16:00
  • Venue/plek van troue: Makiti
  • Aantal gaste: 80

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Makiti se koordineerder en my tannie Roulien
  • Fotograaf: Brood en Botter
  • Bruid Rok: Love and Lace
  • Hare en gremering: Hanri vd Walt by Capelli’s
  • Gater: Mooi Getooi
  • Veil en Tiara: Bid or Buy
  • Bruidmeisie rokke: Raquells infinity twist dresses
  • Bruidegom en mans pakke: Euro suit
  • Blomme: Makiti se bloemist
  • Dekor: Makiti en self
  • Koek: Ilze’s sweet temptations
  • Spyseniering: Makiti
  • Koerantjies: Creative Meisie
  • Badges: Mari B creations
  • Lint en tissues: Votremon
  • Gevolg se persente: Creative Love
 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het ontmoet in my matriek jaar. Ons bly in ‘n klein dorpie so almal kuier gereeld saam, so wat ek bedoel om te se is ons het ontmoet deur my vriendin se boyfriend wie se vriende gereeld saam ons uit was. Na ‘n jaar se wat ons almal sommer net vriende was het ek een aand ‘n braai gehou, daai aand se my man het ek sy aandag getrek en van toe af het hy baie hard probeer en probeer. Hulle was ook saam op ons matriek vakansie, hy het my altyd gevat om te gaan stap wanneer ek wou, gesels wanneer ek wou en het alles gedoen wat ek graag wou. Dis eers na die vakansie wat ek agter gekom het hoe hy voel en hoe ek vir hom voel. Die 2 Januarie (23:30 soos hy sal se) het ons begin “date” en ons was onskeibaar van daai dag af.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons was 2 jaar saam voor ons verloof geraak het en was ook ‘n jaar verloof. Ons het elke dag saam spandeer en seker gemaak ons maak ‘n avontuur van elke dag.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my gevra by die huis waar ek groot geword het, die selfde plek waar hy my gevra het of ons kan “date”. Ons het daai dag ‘n verjaarsdag partytjie gehou vir my pa en ons naaste familie was daar. Dit was die 24 Maart 2013. Hy het op sy knieg gegaan voor die hele familie en my gevra terwyl ek maar tranerig probeer ja se. Hy was so op sy senuwees maar vir my was als perfek, ek sou dit saam niemand anders wou spandeer as my familie en op geen ander plek as die huis waar ek al my eerstes beleef het, van eerste woord, loop tot al die lekker kuiers.
  • Die troue (van a-z): Al die beplaning het al vroeg begin, ek wou seker maak alles is reg en  pas by ons altwee se drome. Ek het ook baie van die goedjies self gemaak en gedoen vir ons troue, vir my is dit meer persoonlik. Om te begin het ek ons invites self gemaak, party invites was deur e-pos gestuur en die vir die naaste familie was self gemaak en selfs geskryf. Die invites het ‘n swart doily rand gehad om ‘n lace en vintage effek te gee. Ek en my ma het ook dae spandeer om kristalle te ruig vir die kandelaare op gaste tafels. Ons het baie van goed gekoop by die China mall. Ek het dood seker gemaak amper alles is kla so week voor troue en dat alles kla is die dag voor troue sodat ek die hele dag rustig kan wees en die aand saam my familie geniet. My man het ook die aand voor troue saam sy pa en paar manne na aan hom geniet.  Die dag het begin toe ons vrouens almal by die salon bymekaar gekom het. Selfs die oggend het begin met grappe en laf wees. Toe ons by die venu kom toe is dit net laaste paar mooi maak en aan trek. My ma was op haar senuwees maar ek was snaaks genoeg so opgewonde en daar was geen senuwees in sig nie. Die manne was blykbaar net so gespanne. Ons het vir ons gevolg spesiale persentjies gekry, kepse vir die mans met hul name op en groot “beach bags” vir die vrouens ook met hul name op. Ek het toe aan getrek en reg gemaak vir die groot dag, vir die snaaks wees het ek rooi skoene gedra met ons voorletters onder die skoen met rooi steuntjies. Die stukie opad kerk toe was ek nog meer opgewonde en kon nie meer wag nie. Ek was so bly om my man te sien in die kerk. Vir die kerk diens het ons tissues uit gedeel vir die vrouens asook hul koerantjie met al die inligting wat hul nodig sou he vir die dag. Die kerk diens was baie mooi en vreeslik spesiaal, ek kon voel hoe bewe my arme man. Vir confeti het ek cones gemaak uit doilies en binne in het ons roosblare gebruik as ook “helikopter blare” (geen idee wat mens die blare noem nie maar hul draai rond as mens hul gooi) dit was vreeslik mooi. Na die kerk diens het ons gaan foto’s neem wat ongelooflik lekker en laf was terwyl die gaste kon gaan vir snacks en drink goed. Na dit was dit tyd vir die aand se kuier saam vriende en familie, dit was ongelooflik mooi en lekker. Die dankie se persentjies was hand waaiers vir die vrouens, elk met die hand ‘n dankie geskryf en ‘n snaakse stukie bv “A quiet man is a thinking man, a quiet woman is usually mad”. Die mans het botteltjies met sweeties gekry en kinder mooi boksies vol sweeties en ander lekker dinge. Ons hoof tafel het ‘n klomp staal hardjies gehad wat agter ons gehang het met wit draping en fairylights, die hardjies het ons ook self gedoen.  Ons kos was uitstekend en het vooraf sommer geweet dit gaan wees. So vir ons koek het ons mooi silwer boksies gemaak met ‘n swart lace print, dit was ons cake away boksies, al die gaste kon hulle stuk koek huis toe vat en kon dus al die lekker kos geniet daai aand. Ons wou ook nie ‘n normale gaste boek he nie so weereens het ek silwer papier mooi gemaak met swart doily hoeke vir ‘n lace effek. Ons het laat elke gas op die papiertjies skryf. Ons het ‘n redelike grooterige donker hout mooi kussie (presies soos ons ring boksie, waarin ek blomme met ‘n lint geplak het, net grooter) gebruik om die papiere en ons penne, wat ek mooi gemaak het met personalised lint, in te sit. Ek het ook na die troue al die belangrike goed van troue in die kussie gesit en hy staan nou in ons sit kamer, nou kan mens daar deur kyk en als is mooi bymekaar soos ‘n “memory” boks. Ag daar is nog so baie ander goed wat ek kan vertel wat lekker en spesiaal was, ek sal ‘n boek kan skryf oor hoe baie ons alles geniet het en hoe spesiaal als vir ons was. Na ons ete, het al die aand se tradisies asook begin, daar was ook ‘n dans vir my en my boetie en die res van die aand was ongelooflik. Alles was ‘n droom wat beter was as wat ons ooit kon dink.
  • Raad vir toekomsige bruide: Gee jouself genoeg tyd om kla te maak en vat 5min vir jouself om alleen te wees en als in te neem wat nou gaan gebeur. En soos almal se, moenie worry nie, dinge gaan gebeur soos dit moet, net jy weet hoe als moet lyk en gebeur, jou gaste weet nie so geniet dit.
  • Die beste deel van jul troudag: Was om mekaar te sien in die kerk en ons beloftes aan mekaar te maak, dis baie spesiaal. Die mooi maak en reg maak die dag is net so lekker. Die foto’s wat ek en my man gaan neem het was net so lekker, dit was net ons twee en rustig. Ander baie baie spesiale oomblike was my en my man se dans (almal om jou raak weg) dan my en my pa se dans.
%d bloggers like this: