Maryke & Anton {Moderne Vintage Feëverhaal)

Persoonlike Inligting:• Naam van Bruid: Maryke du Preez

• Naam Van Bruidegom: Anton van der Ryst
• Datum en Tyd van troue: 6 Des 2014 om 16:00
• Venue/plek van troue: Gamtoos Ferry Hotel, Gamtoosrivier, Oos-Kaap
• Aantal gaste: 70

Diensteverskaffer Inligting:

• Trou Koordineerder: Als is deur die bruidspaar self beplan
• Fotograaf: Christelle Landman
• Bruid en bruidmeisie rokke: GM Couture (Gerhard Meiring)
• Bruidegom en mans pakke: Bruidegom & Ringdraer Hemp – GM Couture (Gerhard Meiring)
• Blomme : Susan Lewes
• Dekor: Sonja Geldenhuys, Bruid se Moeder en Susan Lewes
• Koek: Marie Visser
• Spyseniering: Gamtoos Ferry Hotel

Oor die bruidspaar:

• Hoe en waar het julle ontmoet: “Mutual” Vriende het voorgestel dat ons mekaar ontmoet, so dit was soortvan van ‘n toe-oë-afspraak by ‘n restaurantjie in Kirkwood in die Oos-Kaap 
• Hoe lank het julle mekaar geken: Ons het mekaar ontmoet in April 2011 en lank “net vriende” gewees. Ons het Januarie 2014 verloof geraak.
• Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Hy het my op ons ons 1 jaar anniversary gevra om te trou in Jeffreys. Ons het buite op die gras gesit en hy het my (soos baie keer tevore wat ons ook gesels het, gevra of ek met hom sal wil trou) Ek het “Ja, jy weet mos” gesê soos altyd… en hy het toe geantwoord “Dan moet ek seker ‘n ring vir jou gee”…. Ek was so geskok, dit was die lekkerste gevoel!!
• Die troue (van a-z): Dit het aaneen gereën vir dae voor ons BUITE-troue… ons troudag was die tweede sonskyndag. Die Here het dit so aaneen laat reën om vir ons die mooiste groen omgewing te gee. Ons troue was op die rand van die Gamtoosrivier in die Oos-Kaap. Die oggend toe die vroutjie besig was met almal se hare (volgens skedule)… gee Eskom vir ons onverwagse “loadshedding”. Dit was dol. Die tannies was met rollers in hul hare. My hare was nog nie eers gedoen nie… Na so 2 ½ ure het dié Bruid so bietjie begin stres. Maar als het vlot verloop en net na 14:00 is ek reg, en wag vir 16:00 om aan te breek. Ek wou nie ‘n laat bruid wees nie… maaaar… ons moes die troukar se lint en balonne opsit voor ons by die seremonie kom… en daar staan ons langs die pad, en die tyd stap aan… so was ek toe nou ‘n bietjie laat. Ons het besluit om nie blomme by ons troue te hê nie, omdat dit so baie duur is. Ons het dryfhout gebruik en kerse en klippies en dit was sooo mooi. Niemand het eers gevra oor blomme nie. Ons kos was ook anders as die gewone bout vleis ens, ons het hoenderpastei, groot frikadelle, aartappel, groenbone, pampoen en gegeurde rys bedien. Die dag was perfek… Die kos was heerlik en die gaste het hulself gate uit geniet op ons spesiale dag!! Dit was ‘n ongelooflike lekker aand buite, en volmaan!
• Raad vir toekomsige bruide: Moenie stres dat iets verkeerd gaan loop nie… as daar ietsie verkeerd gaan, is dit net jy en jou man, of miskien gevolg wat daarvan weet… Daar gaan goedjies inglip, laat dit net wees en geniet jou dag!! Dit gaan so vinnig verby!!! Moenie daaraan dink om enigiemand anders tevrede te stel nie, doen soos wat julle dit wil hê, dis julle dag!
• Die beste deel van jul troudag: Die oomblik toe ons aangekondig word as man en vrou! Dis ‘n oomblik wat nie beskryf kan word nie. Die hele dag, elke klein dingetjie was vir ons die beste!