Mercia & Tertius {retro X industrial}

Persoonlike Inligting:
  • Naam van Bruid: Mercia Ackermann
  • Naam Van Bruidegom: Tertius van Straten
  • Datum en Tyd van troue: 19 September 2015
  • Venue/plek van troue: Ons familie plaas, Rustfontein Balfour Mpumalanga
  • Aantal gaste: 123
Diensteverskaffer Inligting:
  • Fotograaf: He Is Visual Photoraphy
  • Bruid en bruidmeisie rokke: vriendin van die bruid
  • Bruidegom en mans pakke: Ontwerper Stephan van Deventer
  • Blomme : Jessie Le Roux
  • Dekor: self
  • Koek: Berdine Volschenk (vriendin)
  • Spyseniering: vriendin
  • DJ: Hein Musiek (BAIE PROFESSIONEEL hul het selfs plan gemaak vir musiek onder die boom met seremonie.)
Oor die bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: Kerk by n seminaar deur gemeenskaplike vriende.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: 2 jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Op n koppie op ons familie plaas net soos wat ek gebid het dit moet wees.
  • Die troue (van a-z): Ons troue was in September onder n ou Akkerboom. Op ons familie plaas het ek my Ackermann van weggegee. Sou dit nerens anders wou he. Daar was voorheen n ou plaas huis wat die perfekte ry peer bome agtergelaat het. Die peer bome was VOL spierwit bloeisels en het ons “ISLE” gevorm. Ou verlore Skaap kamp paaltjies het al langs die Isle af gesorg vir n plekkie om “isle” ruikers in te sit.  Ons het lee groot  ligbuise aan die paaltjies vasgemaak met paar spierwit blomme in. Die onthaal was ook op die plaas in ons saal. Onthaal was n mengsel van ietsie industrieel soos stringe liggies, pallets houtkratte, en selfgemaakte hout swaaie waarop ons die blomme gesit het. Dit het perfek gepas by die staal stuktuur venue. Daarby was tikkie retro strepies tafeldoeke, stapel donuts vir n troukoek, kol servette en selfgemaakte roomyskar met tuisgemaakte roomys in interresante geure soos popcorn en turkish delight. Retro koeldrank bottels en mini gumball masjiene het ook bygedra tot n retro gevoel. Die atmosfeer op die troue was ongelooflik soveel opregte liefde, lekker plat op die aarde sprokies makitie. Mense het soos vroeer jare sommer tot in oggend ure gekuier. So het ons lewens storie saam begin, n ruiklik geseende dag. Bly om dit met jul te kon deel.
  • Raad vir toekomsige bruide: As jy soos ons baie unieke smaak het en graag als self wil doen, kry n koordineerder wat presies weet wat jy soek om uit te help.
  • Die beste deel: My man se speech, em hoe als bymekaar gekom het als was die style klein bietjie uiteenlopend.