Michel & Ruan {Sag & Liefdevol}

Persoonlike Inligting:

·               Naam van Bruid: – Michel Greyling

·               Naam Van Bruidegom: – Ruan Greyling

·               Datum en Tyd van troue: 6 okt 2012 – 16h00

·               Venue/plek van troue: – Kiepersol, net buite parys

·               Aantal gaste: 100

 

Diensteverskaffer Inligting:

·               Trou Koordineerder: – Self en Venue “Tannie Hannetjie”

·               Fotograaf: 5 Talents Photography

·               Bruid en bruidmeisie rokke:  Wrap Dresses by Daisy Island – Tanya van Dyk

·               Bruidegom en mans pakke – Elkeen self gekoop

·               Blomme :  Venue – Tannie Hannetjie

·               Dekor: Venue – Tannie Hannetjie

·               Koek: Venue – Tannie Hannetjie

·               Spyseniering: Venue – Tannie Hannetjie

·               Bykomstighede: Creative Love

      

Oor die bruidspaar:

·         Hoe en waar het julle ontmoet: So hoe presies en waar het ons ontmoet? Ons het mekaar ontmoet tydens die O&B (Ontgroening) tydperk in ons eerste jaar op Universiteit. So terwyl ons sit en JOOL Blommetjies vou het ek, Ruan se oog gevang en deur n gesamentlike vriend, Devan, het ons mekaar leer ken. Dit is toe dat ons sommer dadelik ge-click het en soos ons sê, die res is geskiedenis. Van vroeg af was ons baie verlief op mekaar en dit geniet om dinge saam te doen. Een van die gunstelinge was om mekaar langs die sport veld aan te moedig en om op die biblioteek se gras te kuier. Na omtrent 4 jaar en 8 maande se uitgaan het Ruan genoeg moed bymekaar geskraap het om my ouers te vra en ‘n ring te kies.

·         Hoe lank het julle mekaar geken: Op die dag van ons troue het ek en ruan ons 5 jaar 7 maande en 2 dae uitgegaan.

·         Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Na ‘n senuagtige “ouervraery” op die plaas in Keimoes is ek op n navorsings toer Amerika toe vir twee weke. Hierdie was die ideale tyd vir Ruan om alles agter mekaar te kry sonder dat ek weet, aangesien ek elke keer alle verrassings uitgesnuffel het. Met my aankoms terug in Suid Afrika het Ruan alles gereed gehad. Toe ek in die aankoms terminaal instap was Ruan nêrens in sig nie, maar van ons vriende was daar met n groot bord waarop “Mej M Theron” staan. Net voor ek by hulle kom staan Ruan agter Martin uit met nog ‘n bord wat lui “Ek verkies Mev M Greyling”, en net daar sak hy op sy knie voor almal in die terminaal. Ek kon nie wag om “JA” te sê nie en trane van blydskap het gevloei! Ons het n fotograaf vriendin wat behoortlik fotos geneem het en ons was omsingel met 1000e mense in terminaal!

·         Die troue (van a-z): Ons het besluit op n naweek troue omdat ons nie wou he dit moet alles in eendag verby vlieg nie.  Die aand voor die troue het ons almal saamgekom by die venue, waar ons oorgeslaap het, vir n gesellige braai! Almal het mekaar leer ken en heerlik saam gekuier en ontspan. Die volgende ogg vroeg was  ek en my bruidsmeisies al op en aan die gang – te opgewonde om te slaap. Tannie Hannetjie het vir ons en my ma n tafeltjie gedek binne die saal waar ons ontbyt gaan eet het – die bruid sien mos nooit regtig die opgemaakte saal nie! Eers as al die mense reeds in is, so dit was ekstra spesiaal om te sien hoe mooi alles was! Daarna was dit die normale hare en make up en toe begin die sports om die baie gewigtige swaar rok aan te kry! Die dag ws een groot sukses met die klein dingetjies wat skeef geloop het en al (ons het groot glas bakke gehad waarin ons konfetti was – en ja en van hulle het geval en in stukkies gebreek in die middel van die padjie in ons kapel net voor ek moes instap!! Ons het gekuier en geskoffel tot vroeg die volgende ogg! En almal het weer saam ontbyt geeet voor ons vertrek het. Dit was die beste naweek van my lewe!

·         Raad vir toekomsige bruide: Geniet elke oomblik! DIT GAAN SOO GOU VERBY Niemand weet as iets skeef loop nie net jy – so ignoreer dit en leef in die oomblik! Neem soveel fotos as wat jy kan!!

·         Die beste deel van jul troudag: Om die uitdrukking op my pa se gesig te sien toe hy my vir die eerste keer in my rok sien voor die kerk. Ons is baie close, eks sy eingste dogtertjie en albei het n traan of drie gepik! Verder was ALLES die beste! Elke oomblik net waardeer!!

 

%d bloggers like this: