Michelle & Brian {Windpomp liefde}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Michelle Grant
  • Naam Van Bruidegom: Brian Grant
  • Datum en Tyd van troue: 05 Oktober 2013 , 15:00
  • Venue/plek van troue: Renovatio River Estate
  • Aantal gaste: 90

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Bruidspaar
  • Fotograaf: Lifesong Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Trourok is gekoop by Bridaldreamm en die meisies se rokke by ‘n Chinese winkel
  • Bruidegom en mans pakke: Onderbaadjies, hemde en bruidegom se pak is gekoop by Chinese winkels, res van die klere was die mans se eie klere
  • Blomme : Fresh cut flowers
  • Dekor: Bruidspaar het als self gemaak
  • Koek: Nom nom – We bake memories
  • Spyseniering: Telmark slaghuis het die spitbraai gedoen en res van die kos was deur die mammas voorsien

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het deur ‘n vriend ontmoet een aand by ‘n “house warming” partytjie. Ons het vir ‘n lang ruk nie regtig kontak met mekaar gehad nie en met my 21ste verjaarsdag was hy en die vriend ook uitgenooi. Ons het nommers uitgeruil en toe van daar af begin saam kuier.
  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons ken mekaar al 6jaar, waarvan ons 4 jaar uitgegaan het en 2jaar verloof was.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): So twee jaar terug moes hy weg gaan vir werk en gewoonlik is dit net vir ‘n dag of twee, maar die keer was dit langer. Die dag toe hy terug kom was hy bietjie anders gewees. Die aand toe ek van die werk afkom het hy vir ons kos gemaak, wat heel vreemd was. Na ons geeet het sê hy hy het ‘n verrassing vir my. Hy die ligte afgesit en kerse aangesteek en in die kombuis in verdwyn. Toe kom hy met ‘n bordjie uitgestap, so dat ek nie sien wat daarin is nie. Ek moes my oë toe maak en na ‘n rukkie toe ek dit oopmaak het hy ‘n sweety pie ( my gunsteling sweety) met die ring in voor my neergesit. Ek het dit nooit verwag nie net gedink hy wil romanties wees.
  • Die troue (van a-z): Die oggend het vroeg al begin toe ek en my een bruidsmeisie na die venue toe is om die laaste reëlings te tref by die venue, daarna het ons gegaan vir ons hare en grimering. Ons het so 12:00 weer by die venue aangekom en nog so paar dingetjies reggekry vir die troue. Die troue was DIY so baie goedjies het ons self gedoen en gemaak en moes seker maak dit is op die regte plekke. Net so voor 14:00 het ons begin aantrek en klaar gemaak.15:00 het die seremonie begin tot so 16:00, fototjies is geneem en teen 18:00 is ons terug onthaal toe. Als het goed afverloop tot ons die dansbaan moes open. Vir een of ander rede wou ons liedjie nie speel nie en moes die dj ‘n ander liedjie speel, maar nou as ek terug dink en luister na die liedjie wat gespeel het, het dit soveel meer betekenis vir ons as bruidspaar. Ons wou ons troue anders hê, so inplaas daarvan om die ruiker en kousband te gooi het ons musical chairs gespeel. Ons toue moes ietsie van die plaas bevat so ons centre pieces was windpompe (gemaak deur die briudegom), hessian runners en vir gaste geskenke het ons vir hulle beskuit gegee. Omdat ons troue DIY was het dit ons soveel geldjies bespaar en dit was so lekker om als self te kon maak.
  • Raad vir toekomsige bruide: Daar gaan altyd ietsie verkeerd loop op die dag , maar moenie laat dit jou onder kry nie. Al weet jy dit is verkeerd weet niemand anders dit nie. Jou troudag stop nie op die dag nie, maande later kyk mens na fotos en jy onthou die dag en ervaar weer al die gevoelens. So moenie dink aan die tyd en of dit te vinnig verby gaan nie, geniet net elke oomblik.
  • Die beste deel van jul troudag: Toe ek by die Birdcage (waar ons seremonie ingehou was) instap en my toekomstige man se gesig gesien het.

 



style=”display:inline-block;width:728px;height:90px”
data-ad-client=”ca-pub-6502110301892345″
data-ad-slot=”4261342212″>

%d bloggers like this: