Michelle & Daniel {wit en swart}

 

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid:  Michelle
  • Naam Van Bruidegom:  Daniel
  • Datum en Tyd van troue:  09 Maart 2013 16:00
  • Venue/plek van troue:  Klipriver Country Estate
  • Aantal gaste:  80

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder:  Alles is self gedoen
  • Fotograaf:  Charlotte Witty Photography (Die beste fotograaf ooit)
  • Bruid en bruidmeisie rokke:  Aangekoop
  • Bruidegom en mans pakke:  Aangekoop
  • Blomme :  Sincere wedding & function planning
  • Dekor:  Self gedoen
  • Koek:  Marike
  • Spyseniering:  Klipriver Country Estate

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet:  Daniel het ‘n besigheid & het adverteer vir ‘n admin dame.  Ek het vir die onderhoud gegaan & was baie “cheeky” met hom.  Hy het dadelik vir die ander mense gese “hierdie is sy trou vrou”.  Ek het die werk gekry & so het ons begin gesels… Uiteindelik het hy gevra of ek saam hom op “lunch” wil gaan… Ek was baie skaam & wou nie eers eet nie… Het mekaar al meer begin sien & vandag kan ons nie sonder mekaar.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken:  Ons het mekaar 2 jaar geken & was ‘n jaar verloof.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):  Hy het my gevat vir ‘n Romantiese ete by Rivera Hotel.  Hy het na die ete vir my gevra om saam hom onder na die rivier to te stap & daar het hy my die groot vraag gevra.

 

  • Die troue (van a-z):  Alles het perfek geloop…niks het verkeerd gegaan nie. Die weer was fantasties vandat ons wakker geword het. Omtrent so 12 uur het almal gegaan vir grimering & hare, ek was alleen & dis toe dat die senuwees begin knaag… Die vrou van die grimering het my bederf met ‘n lekker groot sjokelade om my beter te laat voel… ek het gegaan vir hare & make-up toe het die tyd aangebreek om aante trek & dis toe ons besef my rok se lint het verloor. Als was tot op die laaste minuut uitgewerk & ek sou nie laat wees nie maar op die ou eind was ek 20 minute laat… Verder het als perfek beloop soos ek nog altyd gedroom het. Kos was fantasties asook ook die res van die aand…

 

  • Raad vir toekomsige bruide:  Geniet elke oomblik van voor jy jou oe uitvee is dit verby…

 

  • Die beste deel van jul troudag:  Elke oomblik was vir ons baie spesiaal wens net dit kon langer hou…
%d bloggers like this: