Nadia & David {Pastel & Kristal}

 

Persoonlike Inligting:

  • Naam van die Bruid – Nadia Swart
  • Naam van die Bruidegom – David Franklin
  • Datum en tyd van troue – 23 Maart 2013 / Seremonie het om 3:30nm begin
  • Venue – Nantes Estate
  • Aantal gaste – 120

 

 Diesversaffers Inligting:

  • Trou Koordineerder – Nadia (die bruid) het self die troue beplan
  • Fotograaf – Christelle Rall
  • Bruid se rok – Sophia Tolli van Ever After in Durbanville
  • Bruidegom se pak – Top Hat in Kaapstad
  • Blomme en Dekor – Mint and Magnolia
  • Koek – Nina Swart (bruid se Ma)
  • Spyseniering – Ebony and Ivory

 

 Oor die Bruidspaar:

  • Hoe het ons ontmoet:Nadia het eendag ‘n “facebook friend-request” ontvang van David. Terwyl sy in retail by MAC gewerk het, het David eendag vir een van sy ons vriendinne (‘n meisie wat saam Nadia gewerk het en altwee ken haar toe) kom kuier wat saam haar gewerk het, en so sien hy toe vir Nadia. Nadia herken toe sy naam op “facebook”. Na ‘n week se gepraat het hulle uiteindelik uitgegaan om mekaar behoorlik te leer ken en nie lank daarna het hulle geweet hulle wil by mekaar wees.

 

  • Hoe lank het ons mekaar geken: Ons  was 1 jaar en 6 maande saam voor die verlowing

 

  • Hoe en waar het hy my gevra om te trou:David wou vir ‘n naweek weggaan en besluit om ‘n plek te boek in Hermanus. Nadia het geen idée gehad van wat David vir daardie naweek beplan het nie. Net so voor sonsondergang het David vir Nadia na een van haar mees gunsteling strande geneem en terwyl daar na die mooiste sonsondergang gekyk word, draai hy na haar toe, en op daardie terselfde tyd, sak hy af op sy een knie op die nat sand en vra haar om te trou. Na ‘n hele paar oomblikke van blydskap kon sy uiteindelik die JA-woord uitkry!

 

  • Ons trou storie:
  1. Bruid se storie:Ek het by  ons venue, Nantes Estate, vroeg die oggend al ingeboek met my ma, skoonma en al my bruidsmeisies. Ek het eers bietjie rondgehardloop om al die laaste goedjies reg te kry voordat ek begin regmaak het vir ons groot dag. Nadat my hare gedoen was en ek my grimering aangesit het, het ons fotograaf en videograaf kom fotos neem en dit was so lekker! Toe ek weer sien is dit 15 min totdat die seremonie begin, besef ek oor ‘n paar minute trou ek met die man van my drome! Ek kon nie wag om vir David te sien nie. Elke oomblik van ons troue was perfek en die mees ongelooflikste dag in ons lewens.
  2. Bruidegom se storie:David se senuwees was klaar toe hy daardie oggend wakker word, maar was ook ongelooflik bly toe hy besef vandag is die dag dat ek met my droomvrou trou. Dit was die belangrikste dag van ons lewens. Toe hy Nadia na hom toe sien aangestap kom, was sy mooier as mooi vir hom. Wonderlikste dag saam met sy vrou en geliefdes. Die mees perfekte dag ooit!
  • Raad vir toekomstige bruide:Vat elke dag soos dit kom en vat een dag op ‘n slag. Geniet elke oomblik en neem so veel as moontlik in, voor die troue asook op julle troudag. Hierdie tydjie gaan so vinnig verby. Dit is die beste dag van mens se lewe!
  • Die beste deel van ons troudag:

  1.  Bruid:Die mees ongelooflikste oomblik van ons troudag was definitief daardie oomblik wanneer ek saam met my pa na die Kansel toe geloop het en ek my man van my drome daar voor sien staan het, en nie net dit nie, die ongelooflikste gesigsuitrukking op sy gesig toe hy my gesien het. Dit is die mooiste oomblik ooit. Ons eerste dans op ons spesiale liedjie “1000 years” van Christina Perri asook David se toespraak aan my was vir my net so spesiaal.

  2. Bruidegom:Die mees ongelooflikste oomblik was toe hy Nadia sien afgestap kom na hom toe en daardie spesiale oomblik wanneer ons die huweliksbeloftes aan mekaar verklaar het. Die foto-sessie, eerste dans en toesprake was vir hom ok baie spesiaal gewees. Alles was perfek van begin tot die einde