Nadia & Jaco {Vrolike Geel Idees}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Nadia Joubert (van Staden)
  • Naam Van Bruidegom: Jaco Joubert
  • Datum en Tyd van troue: 22 Januarie 2011 om 16:00
  • Venue/plek van troue: Casablanca Manor – Pta
  • Aantal gaste: 170

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Self
  • Fotograaf: Big Shots Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Mariaan Zwaan en Corrie Coetzee
  • Bruidegom en mans pakke: Euro Suits
  • Blomme : Affordable Decor
  • Dekor: Affordable Decor
  • Koek: Casablanca Manor
  • Spyseniering: Casablanca Manor

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het mekaar op skool raakgesien, maar eers ontmoet in 2002 waar ek saam met ‘n vriendin gaan braai het by sy huis . Ek het 2 maal my glas uitgegooi op sy mat omdat ek so op my senuwees was nadat ek vir die eerste keer diep in daai blou ogies gekyk het. Daarna het hy my gebel en uitgevra op ‘n date en van daaraf het ons uitgegaan.
  • • Hoe lank het julle mekaar geken: 9 jaar
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het vakansie gehou in die Suid-kus en die laaste dag van vakansie het hy voordat ons vertrek het vir my gesê ek het iets op die bed vergeet (wat toe my ring was) waar hy toe op sy kniee gegaan en my gevra om sy vrou te word en 6 maande later het ons getrou.
  • Die troue (van a-z): Die troue was ongelooflik, ons het die oggend by die venue aangekom waar ons almal begin klaar maak het, dit was my 5 bridesmaids (4 sussies en beste vriendin) die manne (ook 5 vriende) het ook aan die anderkant van die venue klaar gemaak hulle was natuurlik baie rustiger as ons, jy kan jouself mos in dink hoe dol kan dinge raak met so klomp meisies bymekaar :).  Ek het my laaste bad as Mej van Staden gevat onder die bome en vars lug en aan myself gedink hoe ek elke stukkie van die dag gaan inneem en onthou.  Ons het almal lekker rustig klaar gemaak, make up, hare die worx, waarna al my strooimeisies my gehelp het om aantetrek. Ons het ‘n paar fotos geneem en toe het die opgewondenheid begin met die wete dat dit amper 16:00 is.  Ek het amper voor al die strooimeisies ingestap gelukkig toe agtergekom ek kan nie so haastig wil wees nie 🙂 . Dit was onbeskryflik om my “man” te sien en hoe sy oë glinster toe hy sien ek kom aangestap dit was pricless om die liefde in hom te sien.  Ons was in die huwelik bevestig deur Alistair Westcott wat ‘n onvergeetlike preek gelewer het en ook klem gesit het op die lekker lekkerste lekker wat ek en my man daai dag deel.  Een van Jaco se best mans het vir ons Halluluja gesing en dit het trane in almal se oë gebring.  Ons is toe in die huwelik bevestig en was sommer ‘n warm gevoel om die eerste keer te hoor hoe jou naam en nuwe van “legally” saam klink.  Ons ma’s het vir ons elkeen ‘n kers aangesteek waarvan een gesê het Jaco en een Nadia ons het toe die kersies gevat en ons Joubert kers aangesteek waar niemand ooit ons vlam sou blus nie. Daar het ons ook ons dogter ingeseen wat 8 maande oud was, so behalwe vir haar geboorte was dit die beste dag van on lewens en so spesiaal dat sy dit kon deel. Ons het toe uitgestap in die tuin waar ons die koek gesny het terwyl ons by die foto sessie was het die gaste ons masiewe koek heeltemaal opgeeet hehe. Ons het terug gekom by die onthaal waar ons speeches, kous band en ruiker gegooi het en ook die dans baan ge open het, ons het die aand verder ingekuier met groot pret en onvergeetlike herinneringe. Ons het heel laaste geloop by die onthaal waarna ons by die honeymoon suite onder die maan en sterre sjampanje gedrink het in ‘n skuimbad.
  • Raad vir toekomsige bruide: Neem regtig elke oomblik in dit gaan regtig vinnig verby soos almal sê, ek het op die vliegtuig na ons honeymoon deur elke detail van die dag gegaan sodat ek seker gemaak het ek vergeet niks en dit het werklik gewerk want daar gebeur so baie dinge dat mens maklik hier en daar ietsie kan mis en sodra jy dit in jou kop herhaal is dit ingeprint. My kousband het losgetrek maar ons het hom sommer net vinnig gesuper glue en niemand het eers geweet nie, verder was alles perfek want ek het moeite gedoen om dit deeglik te beplan en het meeste van die goedjie self gemaak en gedoen.  Probeer om soveel tyd saam met jou man te spandeer as wat jy kan want voor jy jou oë uitvee sit hulle die ligte aan en dis oor, almal kom groet en sê geluk maak seker julle doen dit hand aan hand, soen baie, lag baie en geniet alles want jy is ‘n prinses en almal is daar om julle liefde te geniet.
  • Die beste deel van jul troudag:Alles was ongelooflik en spesiaal, ek kyk so baie my trou dvd want ek sal dit enige dag weer wil oorhê saam met my man dit was werklik die lekkerste lekkerste lekker!!!