Nadine & Chris {ons sprokie}

Persoonlike Inligitng:

  • Naam van Bruid : Nadine
  • Naam van Bruidegom: Chris
  • Datum van Troue: 9 November 2012
  • Tyd van troue: 15:30
  • Venue: Greenleaves Stables Venue
  • Aantal Gaste: 120

Diensverskaffer inligting:

  • Trou Koordineerder: Riana Smit
  • Videograaf: Fame Weddings – Andre
  • Fotograwe: Vibe Photography
  • Bruidsrok: Yourday Montana
  • Bruidegom pak: Eurosuit Morelettapark
  • Bestmen pakke: Eurosuit Morelettapark
  • Koek: Devine Delights
  • Dekor: Riana & Lizel van die blomme
  • Spyseniering: Greenleaves
  • Make-up: Madeleine Botha
  • Hare: Melissa Minne
 
Oor die bruidspaar:
  • Hoe het ons ontmoet: Ek het verpleeg by ‘n hospital in Pretoria, Chris se ma het toe ingekom vir n skouer operasie en ek het vir die dag na haar gekyk. Alhoewel ek haar baie goed ken en ook Chris se sussie goed ken het ek en hy nooit die geleentheid gehad om mekaar te ontmoet nie alhoewel ek van hom geweet het, en sy sussie ons altyd aan mekaar wou voorstel. Die aand het hy toe kom kuier vir sy ma (nou my skoonma) en sy het ons aan mekaar voorgestel. Daar was dadelik n konneksie, ek is kort daarna huis toe en het vergeet van hom, 2 weke later het hy my gekontak en ons was op ons eerste ete afspraak en van daar af was ons nog heeltyd saam, en het n jaar later getrou.
  • Hoe lank het ons mekaar geken: Ons het mekaar 25 Augustus 2011 ontmoet en n jaar en n paar maande later is ons getroud.
  • Hoe en waar het Chris my gevra om te trou: Ons het voordat ons verloof geraak het klaar op ‘n venue besluit. Ons het die dag my ouers, sy ouers, my ouma hul, sy ouma hul saam gevat na die venue om hul te gaan wys hoe dit lyk. Ons was in die kapel en voor by die preekstoel toe gaan hy op sy knee en vra my om sy vrou te wees. Hoe onverwags was dit nie gewees nie, en terwyl almal wat vir ons belangrik is in ons lewe daar is om die spesiale oomblik met ons te deel.  Ons het verloof geraak die 14 April 2012.
  • Die troue van A-Z: Dit was so n great troue gewees, en nee nie net omdat dit ons s’n was nie. Niks het skeef geloop nie, als was soos dit moes gewees het. Ons senuwees was daar maar dit was lekker. Die regmaak was lekker en n goeie op bou tot die groot oomblik. Die perdekar het my kom haal en so het die droom uiteindelik waar geword ek gaan trou. Die wag voor die kerk deur, die gesiguitdrukking op Chris se gesig als was net perfek. Ons eerste dans, ens. Ons troue was n sprokie als en meer wat ons wou he.
  • Beste deel van ons troudag: Toe my beste vriend my man geword het, ons eerste dans saam as man en vrou en ook om die aand te geniet saam al ons vriende en familie wat vir ons spesiaal is.
  • Raad vir toekomstige bruide: Neem elke sekonde van die beplanning en die groot dag in, dit gebeur net een keer in n mens se lewe en dis so n wonderlike dag. Koester elke oomblik dit gaan so vinnig as jy weer sien is jy getroud, terug van die wittebrood en terug werk toe. Ja almal se wat ek nounet gese het maar dis so waar.