Nelma & Erich {Bosveld Troue}

 

Persoonlike Inligting:

  •  Naam van Bruid: Nelma Els (nou Els-van Rooyen)
  • Naam Van Bruidegom: Erich van Rooyen
  • Datum en Tyd van troue: 1 Desember 2012, 16:30
  • Venue/plek van troue: Ra-Malopo Game Lodge, Rooiber, Limpopo
  • Aantal gaste: 80

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Geen
  • Fotograaf: Ironrose Photography and Design
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid: F Wilson Fashion Design. Bruid skoene: Hand gemaakte Ballet slippers deur Cinderella Bridal Ballet Shoes (Kahli Shoes). Bruidsmeisies: Materiaal verskaf, eie dame het rok volgens keuse patroon laat maak.
  • Bruidegom en mans pakke: EuroSuit, Pretoria
  • Blomme : Maryna Loots
  • Dekor: Maryna Loots
  • Koek: Geen, “Candy Buffet” deur bruid se ma en suster
  • Spyseniering: Maryna Loots

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het albei onderwys geswot by Noordwes Universiteit, Pukke. Tydens ‘n praktiese onderrig, het Erich se beste vriend, en my beste vriendin saam prakties gedoen en stories van mekaar gedeel. Na die praktiese tydperk, het die twee vriende mekaar weer op kampus gesien, en ons twee aan mekaar voorgestel. Erich was verlief met die eerste oogopslag. Van daar was ons lank eers goeie vriende wat elke liewe dag saam gekuier het, totdat Erich besef het dat hy hierdie vriendin, sy aster wil maak.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons ken mekaar so bietjie meer as 6 jaar. Ons was 5 jaar lank saam voordat Erich die groot vraag gevra het.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons was Desember 2011 is Jeffreys Baai. Ek (Nelma) is ‘n fotograaf, en Erich wou my na die strand neem om foto’s te neem van die asemrowende sand duine na ‘n winderige dag. Hy het my sonder my wete van een na die ander plek gelei, tot ons heel bo-op die hoogste duin was. Daar bo het sy suster en vriendin vooraf ‘n gemaklike piekniek opgestel. Erich het my aandag weer verlei deur iets te laat afneem. Toe ek ek klaar afgeneem het en omdraai, was die man van my drome op sy knieë.

 

  • Die troue (van a-z): Ek het ‘n plakboek gehad van alles wat ek graag vir my troue wou hê. Ons het geweet dat ons ‘n bosveld troue wil hê omdat Erich daar groot geword het, en die wittebrood te see, omdat ek langs die kus groot geword het. Almal ken ons as ‘n besonderse paartjie wat alles altyd op ons unieke maniere doen…en ons troue was geen uitsondering nie. Ons blomme was Proteas en Woestuin Rosies. Kleure was aardse kleure, maar oorheersend Oester en Donker Olyf groen met skakerings van ligbruin. My rok is ook ‘n presiese weerspieëling van die troue se kleure. Drie dae voor die troue was die bruidspaar en hulle gesinne, met baie van die gaste, reeds by die Lodge ingeboek. Die Lodge was ons s’n vir die hele naweek. Ek het in die “honeymoon suite” gebly, en hy by vriende en ouers, soos die aand hom geneem het! Op die oggend van die troue, was ek baie rustig. ‘n Lekker koppie koffie, en ‘n uitsig soos min. Kameelperde het die oggend kom groet. Kort daarna, het die Leeus begin brul. Triomflik gebrul, so as of hulle geweet het dis ‘n groot dag. Die leeus het so aangegaan reg deur die tyd wat ons klaar gemaak het, almal het dit bewonder. Dit het deur die dag baie liggies gereën, en die wind het gewaai, maar niks kon my onder kry nie, trou sal ek trou….al dans ek in die reën! Ek het die spesifieke boodskap die oggend van my troue op Trou Idees se Facebook blad ook geplaas en het wonderlike seënwense ontvang. Die tyd van die troue, en foto’s…het die hemel oopgegaan en die mooiste, sagste sonskyn het deur wolke gebreuk. Erich was ondersteun deur al sy vriende, en een van my beste vriende het gaan help met sy hare…baie opgewonde en uit sy vel soos gewoonlik. Voor ek vertrek het na my groot oomblik, het ek ‘n spesiale stilte oomblik saam met my ouers gehad. Ek was virseker dat ek ver gekom het, dat hulle trots is, dat ek pragtig is en net so sal bly…en dat ek ALTYD hulle laatlam dogtertjie sal wees. Die seremonie was asemrowend, en gaste was vermaak deur ons oulike Trou Manewales Koerantjie deur Manewales Werke. Ons stoele was spierwit bedek met olyfgroen lint om. Delikate hout geweefde hartjies het in die padjie gehang. Uit die dak was klein glas houertjies met blomme in… Met die onthaal het ons gesellig verkeer saam ons gaste. Daar was lag, vreugde en liefde orals. Gaste kon sit waar hulle wou met geen probleme nie, almal daar was vriende en familie. Ons het die nag verby gekuier en gevier – soos ‘n vreugdevolle troue hoort! Ons het plat op die aarde, lekker kos gehad wat geroosterde groentes, oondgerooster vleise en lekker slaaie ingesluit het. Afgesluit met smul lekker nageregte en ook ‘n lekker pakkie ou tydse lekkergoed soos oorspronklike “appelkosies”, regte “nickerbolls”, jellybeans, suiglekkers, die lekkerse Winegums, toffies ens waarvan hulle kon kies, en in hulle bruinpapier “dankie” pakkie kon sit. Voordat die gaste verlaat het, moes hulle ons “gasteboek” teken. Dit is ‘n wit tafeldoek met ons name en troudatum op geborduur. Gaste by ons huis is mal daaroor wanneer hulle aansit vir ete Die volgende oggend was ons vroeg op en na die lughawe om na Durban te vlieg. Ons het een aand in Durban oornag en is die volgende oggen weg op die MSC Opera vir ons wittebrood.

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Lag, leef en laat wees. Vat jou tyd, kyk om jou rond en neem elke liewe bietjie in. Dis net een dag. Die grootste dag van jou lewe – as ook die vinnigste! Moet nie betrokke raak by jou trou reëlings die oggend van jou troue nie, almal is bekwaam en sal sorg. Geniet elke sekonde.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Natuurlik toe die leeus triomflik brul tydens die regmaak vir die troue en tydens die seremonie. ‘n Gevoel van “koninglikheid” in die bosveld! En natuurlik, die droom oomblik waar my pa my by daardie padjie afneem na my man, en hy sy oë in absolute verwondering na my opslaan…

 

%d bloggers like this: