Nicolene & Jannie {Boere- Sjiek}

Persoonlike Inligting:
  • Naam van Bruid: Nicoline Reyneke
  • Naam Van Bruidegom: Jannie Reyneke
  • Datum en Tyd van troue: 02 Februarie 2013 @ 16:00
  • Venue/plek van troue: Plaas Mooimeisiesfontein, Cornelia, Vrystaat
  • Aantal gaste:+- 180

 

Diensteverskaffer Inligting:
  • Trou Koordineerder: ons het sommer alles self gereël & beplan
  • Fotograaf: Dew to Remember (Mandie & Anzelle)
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid: (gekoopte wit aandrok wat my ma opgezjoosh het) & Bruidsmeisies: (ontwerper in Harrismith)
  • Bruidegom en manspakke: hulle eie, watookal in hulle kaste was, effe kleur broeke met wit langmou knopieshemde wat hulle opgerol het.
  • Blomme : ons het die blomme aangekoop by Johannesburg Blommemark, vriende & familie het sommer gehelp rangskik (‘n groot dankie aan Mayne Van Zyl wat gehelp het om blomme te kies, die handruikers, skouerruikers & groot rangskikkings gemaak het)
  • Dekor: vriende & familie het help dekor versamel & die wat kon het help dekor maak
  • Koek:  Ons het nie kans gehad om die koek te sny nie, die partytjie was te lekker & ons het net nooit daarby uitgekom nie… en hy het so bietjie gesmelt ook nog… maar, dit was ‘n red velvet koek met maaskaas versiering.. daar was ook lemon zesty, nog red velvet & sjokolade cupcakes wat my baas se vrou spesiaal vir ons gemaak het, wat darem nie gesmelt het nie
  • Spyseniering: tannie Lizelle de Villiers, Vrede

 

Oor die bruidspaar:
  • Hoe en waar het julle ontmoet: deur gemeenskaplike vriende wat ‘n kuier gereël het in Vrede
  • Hoe lank het julle mekaar geken: amper 3 jaar toe ons verloof geraak het in April 2012.
  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het vir die eerste keer Gautrein gery, sommer Sandton Square to om ‘n melkskommel te drink, oppad daarheen het ek genoem dat ek vermoed Jannie het vir my ‘n ring kom koop & Jannie het gedink dis vreeslik snaaks… by Sandton aangekom & Jannie het so terloops gevra of ek met hom sal trou as hy my vra & ek het ja gesê & ek kan nie ontou wat nog, maar toe ek opkyk hou hy ‘n diamant uit vir my, ek kon dit nie glo nie…dit was so ‘n verassing
  • Die troue (van a-z): ek het self ons uitnodigings gemaak wat soos poskaarte gelyk het (dit was baie bekostigbaar & ons het baie komplimente gekry ook daarvoor..) Ek & Jannie het saam besluit, dat ons ‘n belofte voor God sal maak waar ek my hart so paar jaar terug al verloor het, sommer hier op die plaas!! Vandaar die inspirasie vir ‘n ‘boere-sjiek’ rustiek troue in die skuur & die seremonie sommer onder die bome… Almal het ingespring om te help, my liefste ma het vlaggies gemaak wat aan die skuur se dak gehang het, my vriendinne het help hessian hartjies maak & orals in bome & agter stoele kon jy hartjies sien (ons tema was harte & die kleur wit). My ma het ook sommer ou FAK liedjies se name op ou planke geverf & opgesit waar dit van toepassing was, soos “aanstap Rooies’ by die paadjie na die boskerkie & ‘Kom dans Klaradyn’ by die dansbaan, ens. Dit was vrek oulik! Vriende & familie het gehelp om die verskeidenheid wit blomme te rangskik vir die tafels in glasbottels wat ons almal bymekaar gemaak het. Saam met die blomme, was daar hordes kerse orals, en die tafels & stoele in die skuur is ook gedek in wit & elke tweede stoel het ‘n opgestopte hessian hartjie agteraan gehad, wat my vriendinne my mee gehelp maak het. Die boskerkie tussen die bome het bestaan uit hooibale waarop gaste gesit het met wit lappe oor & weereens hartjies wat die ‘woudjie’ omring het orals. Soos wat gaste ingestap het, het elkeen ‘n rooi hartjie suigstokkie gekry, sommer reeds met die bedanking dat hulle die dag met ons kom deel het. ‘n Ou oliedrom was die dominee (wat al die pad van Pietersburg af gekom het) se preekstoel. Die liedjie ‘Fields of Gold’ is vir my ‘n baie spesiale liedjie wat een keer gespeel het terwyl ek saam Jannie in die stroper gery het & hy mielies gestroop het, so ek & my gevolg het dan juis met Fields of Gold ingestap deur Celtic women… Die mooiste preek was gevolg met regte rys-konfettie & die voorgereg was toe onder die bome bedien terwyl ons fotos geneem het; vars plaasbrode, vars botterballetjies wat soos sweeties gelyk het met plastiek om, kase, patees, hordes biltong, vye, koekies, worsies & nog meer…. Die aand het plek gemaak vir regte boerekos uit die boonste rakke, lewendige musiek, ‘n ontspanne partytjie atmosfeer & ‘n ‘photobooth’ wat nie net dien as ons gasteboek nie, maar BAIE pret.. (die gaste het dit verskriklik geniet & die fotos het baie mooi uitgekom) Die belangrikste van die troue, die niceste klomp mense ooit wat jy saam in 1 skuur sal kry – ons is so geseënd!! Die feit dat ons eers 4uur die volgende oggend kon wegglip, spreek van ‘n wenresep feesviering saam met my beste vriend, beste familie & vriende – dit was loshande die lekkerste boeretroue waar ek nog ooit was! O ja, die gaste geskenkies was cherry zambuk, wat ‘n treffer!!
  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie stres oor onnodige goedjies wat jy dink jy MOET hê nie, daar is nog baie detail wat ons graag wou gehad het, maar nader aan die troue het die finansies & tyd net te min geraak & dis verbasend hoe niemand agtergekom het wat ‘kort’ nog nie & almal het ingespring om te improviseer & die dag was steeds perfek & na die tyd het ons net besef op hoeveel goed ons onnodig geld spandeer het, solank die mense, kos & musiek lekker is, maak niks anders werklik saak nie…. En vra vriende & familie om te help, kanse is groot dat hulle baie graag sal wil & dan nog met baie oulike idees gaan opkom ook.
  • Die beste deel van jul troudag: sjoe, net 1 hoogtepunt…  ek sou sê toe ons die dansbaan open met Riana Nel se Timbuktu, dit het gevoel asof ons oor die dansbaan sweef & dit net ek & Jannie op daai oomblik in mekaar se arms in die skuur is & tyd vir ‘n oomblik stil gestaan het.. en die woorde is reeds so perfekte uitbeelding van ‘ons’, dat ek reeds vir Jannie gevolg het van Gauteng na die Vrystaat toe, maar ook ‘n belofte dat ek hom steeds sal volg, tussen dik & dun… so ek sou sê die emosies wat ons op daardie oomblik gevoel het, amper soos wat ‘n fliek sou uitspeel met die perfekte musiek in die agtergrond… En ek is net eenvoudig mal oor die liedjie, kry so lekker gevoel binne my & kan nie help om te glimlag, omdat dit my aan ‘ons’ laat dink nie…

1 thought on “Nicolene & Jannie {Boere- Sjiek}”

Comments are closed.