Trou Idees

Jou rok en sy kleur

Hoe kies ek die regte kleur vir my trourok?

Daar is ‘n lang geskiedenis oor watter kleur tradisioneel geskik is vir ‘n trourok. In die Victoriaanse era, het bruide enige kleur gedra veral swart aangesien wit die kleur van rou was.

Wit het in die westerse kultuur gewild geraak, nadat Koningin Victoria in 1840 besluit het op wit vir háár trourok, omdat dit haar gunsteling kleur was. Bruide het haar begin navolg en dit het tradiesie geword dat ‘n bruid wit op haar troudag dra. Alhoewel “trouwit” skakeurings van afwit, room,en ivoor kan wees.

Later het mense aangeneem dat wit maagdelikheid simboliseer alhoewel dit nie die oorspronklike bedoeling was nie. Blou was egter gekoppel aan reinheid, vroomheid en getrouheid. En in die Oosterse kulture word rooi tot vandag nog as tradisionele kleur vir trourokke gebruik wat gunstigheid simboliseer.

Deesdae is dit nie nodig dat ‘n bruid wit móét dra om haar waardigheid te bewys nie. Bruide is geneig om eerder ‘n kleur te kies wat by hul persoonlikheid pas en ook hul troue se kleurskema, dekor en trouplek komplimenteer.

Daar is beproefde riglyne vir die kies van ‘n kleur volgens jou velkleur en haarkleur. Dit is egter beter om self rokke met verskillende skakeurings van wit of die kleur wat jy in gedagte het aan te pas. Of selfs saam met jou ontwerper verskillende kleure materiaal by jou gesig te hou sodat jy kan sien watter kleur die beste by jou gelaat pas.

Dus wanneer jy jou trourok kleur kies, maak seker dat die kleur, jou velkleur verbeter asook jou persoonlikheid weerspieël. Jy moet gemaklik wees en gelukkig voel in die kleur, en van selfvertroue straal vir jou famielie, vriende en heel belangrikste jou amper man.

Geskryf deur Ciska Barnard | Ciska Barnard Couture

Trou Idees