Petra & Marius {Ons sprokies dag}

 

Persoonlike inligting:

  • Bruid:  Petra van Graan
  • Bruidegom:  Marius Theart
  • Datum & Tyd:  21 Mei 2011 om 15:00
  • Kerk:  N.G. Kerk Goodwood (Aangesien ons dinge op die outydse manier wou doen, soos ons ouers ook het, het ons getrou in die kerk en ‘n makietie gehou by ‘n saal.Onthaal:  Voortrekker Saal Goodwood)
  • Aantal gaste:  90

 

Diensverskaffer Inligting:

  • Trou Koördineerder:  Ek het sommer alles self gereël omdat ek daai outydse gevoel wou skep!!
  • Fotograaf:  Ek was gelukkig genoeg om 2 baie bekwame fotograwe te hê. Trudene Pretorius van Purepix Photography by Trudene en Charl Pretorius van Pretography.
  • Bruid & Bruidsmeisie rokke:  Anje Bridal Couture
  • Bruidegom & mans pakke:  Sommer gekoop by die gewone ketting winkels (Edgars & Woolworths)
  • Blomme:  Caroline Fine Flowers Waterfront
  • Dekor: Self gedoen
  • Koek:  Wendy’s Cakes
  • Spyseniering:  Ons het vriende gekry om die spit vir ons te behartig en baie bekwame vriendinne het vir ons die slaaie gemaak en toe’t ons seker gemaak daar is ‘n fantastiese brood tafel met verskillende konfyte en paté’s.

 

Oor die Bruidspaar:

 

  • Hoe en waar het julle mekaar ontmoet: Ek en my man het mekaar ontmoet toe ons maar nog net tjokkertjies was. ‘n Dogterjie van ‘n baie jong onskuldige ouderdom van 10 jaar oud… Ons ouers was vriende omdat ons Pa’s saam gewerk het vir die Spoorweg. Nietemin het hierdie donkerkop skaam seuntjie ‘n baie groot indruk gemaak op ‘n stil  en skaam meisietjie, en so het ek op die jong ouderdom my heel eerste “crush” beleef toe hulle die eerste keer oorkom vir ‘n braai.Maar ons sprokie het nie net so die gelukkige einde gehad nie. Ons het ouer geword en kontak verloor na my Ma oorlede is. Na baie jare van die een liefdes teleurstelling na die ander, kruis ons paadjies toe wraggies weer en net soos toe ek 10 jaar oud was het al daai ou gevoelens terug gekom maar net baie dieper en anders as toe ek maar net ‘n dogterjie was.Ons het eers net as vriende dinge saam gedoen in groepe en toe die tyd reg is het ons liefde geblom en was ons totaal en al onafskeidbaar! Na 23 jaar het ons storie ‘n volle sirkel geko

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):  NA net ‘3 maande saam het ons geweet dit wat ons deel is reg en wou ons nie verder tyd mors om te wag nie. My man het ‘n uitstappie gereël sodat my Pa vir ons kan wys waar hy as kind groot geword het en waar hy orals katte kwaad aangevang het. Op ons laaste stop by die Caledon Casino (destyds was dit die warm water bronne waar my Pa as kind gaan swem, speel en katte kwaad aangevang het) by die uitkyk punt waar jy oor die dorp uitkyk het hy die ring wat hy in sy sak weggesteek het uitgehaal en gevra:  “Is dit okay as ek nou dit aan jou vinger steek?” Na my aanvanklike skok was my antwoord natuurlik ja! En net daar het ons beluit om te trou op 21 Mei 2011, dit sou ‘n dag voor my Ma se verjaardag wees en omdat sy nie deel kon wees daarvan nie wou ons haar so ‘n deel maak van ons groot dag…

 

  • Die troue (van a-z): Ons kleure was Lilac en Silwer. Van voor die troue se dankie sê geksenkies tot die silwer rys as confetti tot die aand voor die troue het almal ingespring om te help waar hulle kon om seker te maak als val mooi in plek!! Ons wou nie dinge te oordoen laat lyk nie so het gegaan met die “more is less” gedagte. Ons het op elke tafel wit linne tafeldoeke met ‘n Lilac runner gehad en net op elke 2de stoel ‘n strik. Kandelare met tea candles en 2 fish bowls met groenigheid en 3 rose het elke tafel mooi afgerond en die regte atmosfeer geskep. Vir die Dankie sê geskenkie het ek silwer shampanje glasies gekry by ‘n noveltie winkel dit gevul met angel’s hair en ‘n silwer hartjie sjokelade en ‘n strikkie om gebind met ‘n klein metaal plaatjie wat sê dankie. Toe ons, ons oë uitvee was dit ons mooi dag en alles was perfek. Die bruid was nie laat nie, die weer wat die oggend gelyk het of dit wil reën het weg gebly, ek was ‘n stralende gelukkige bruid want ek het my toekoms tegemoet geloop na my nuwe lewe as ‘n mevrou. Soos in die sprokies was alles net mooi en toe ek my oë uitvee staan ek voor die kansel by my Prince Charming. Alles het so gou verby gevlieg en dit was so opwindend om ons nuwe lewe te begin. Toe ons die saal binne stap en sien hoe mooi dit lyk in die skemer en dat al ons gaste so gesellig is, was ons dag voltooi. Die kos was wonderlik en die DJ het ons laat dans tot 12 uur in die nag. Ons was ‘n moë maar gelukkige bruidspaar toe ons daarna in die bed gaan klim by die gastehuis. Ons lewe as Mnr. En Mev. Theart het begin…

 

  • Raad aan toekomstige bruide: Moenie op die oggend van jou mooi dag stress oor enige iets wat nog nie gedoen is nie geniet net jou mooi dag en laat jou gevolg die stress werk doen, op daai laat stadium kan jy nie veel meer doen nie en uiteindelik werk dinge tog uit soos dit moet. Drink elke oomblik van jou mooi dag in want dit gaan in ‘n oogwink verby!! En laastens, maak seker jy eet voor en gedurende jou onthaal!

 

  • Die  BESTE  deel van ons troudag: Die beste deel  vir my was beslis los hande toe ons die trou beloftes wat ons self geskryf het vir mekaar voor gelees het en toe die dominee sê ons is nou amptelik man en vrou!

 

 

%d bloggers like this: