Raad vir uitnodigingings

“Kom deel in ons vreugde”. Dit is n aanduiding van samekoms van famielies en vriende,n dag wat julle trou beloof aan mekaar. Waneer dit kom by uitnodigings weet die bruidspaar nie altyd watter koers om te kies nie, of hoeveel hulle moet spandeer nie of hoe die uitnodiging moet lyk nie,wat kan lui tot teleurstelling.
Jou keuse kan groot en stylvol,klein en intiem of uitspattig en uniek wees ,hangende wat jou tema is en of jy wil bly by die gewone of is jy opsoek na iets wat niemand nog gesien het nie.Hier is n paar wenk om julle te help.
1.Besluit op die hoeveelheid uitnodigings wat julle beoog om te maak.
2.Bevestig watter gepos gaan word en watter word afgegee.
3.Soek n paar voorbeelde wat jou oog gevang het en maak n keuse daaruit of ontwerp jou eie.
4.Speel self met n paar idees,meskien kan jy jou eie uitnodigings maak.Gaste wardeer soms meer iets wat self gemaak is as iets wat laat maak is,dit het meer sentimentele waarde.
5.Dis belangrik om die regte verskaffer te kies vir jou tipe uitnodiging.
6.Maak jou finale keuse en hou daarby.
7.Die woorde(geskrewe) in die uitnodiging is daar om n boodskap oor te dra,dit moet aangrypend en romanties wees.
8.Onthou al die belangrike inligting soos die bruidspaar se volle name asook hulle ouers of voogde se name,so ook die tyd,plek,datum en die bevestigings datum.
9.Indien jy so voel kan jy n padkaart by sit vir gaste wat van ver kom.
10.Enige ekstra inligting moet ook aangebring word soos bv of daar n kontantkroeg gaan wees,kleredrag indien nodig,ens.
11.Belangrik,onthou om ook vir jouself n uitnodiging te laat maak vir jou troualbum.
12.Waneer dit kom by die ontwerp van die uitnodiging neem mekaar se keuses in ag.twee koppe is beter as een.
13.Ek se altyd , hou dit prakties maar met n verrasings element wat die gaste sal verras.
14.Gee jou uitnodigings tenminste so 4maante voor die tyd uit en maak die rsvp datum vir so maand voor jou troue,dan gee dit die gaste genoeg tyd om te beplan en reel en te laat weet.
15.Merk jou uitnodigings met gaste se name of van sodat jy kan trend hou met wie het hulle sin ontvang en wie nie.
“die uitnodiging is die begin van nuwe dinge”

 

Artikels deur Natasha van Dyk