Raponsie, Raponsie, Laat jou hare neer

Ons almal ken die sprokiesverhaal van Raponsie. ‘n Meisie met pragtige lang, lang hare maar sy het natuurlike tyd gehad om dit te laat groei terwyl sy in die toring was vir baie jare. Meeste bruide vandag word nie werklik in torings aangehou nie so hulle het nie werklik die tyd om hulle hare te laat groei nie maar daar is ‘n paar wonderkure op die mark wat jou kan help om ‘n Raponsie-kapsel op te tower.

Christelle Duppper van Christelle Dupper Hair Design stel die volgende produkte voor:

Vir haargroei stel sy voor om “Nisim” produkte te gebruik. Dit stimuleer die haargroei in die wortels en verleng en herstel die lewe in jou hare. Jy behoort binne drie maande dikker en langer hare te hê. Lees meer oor die verskeie produke hier: http://www.nisim.co.za/

LTP_CDH_Products (2)

Foto Krediet: LT Photography

Vir blink en sagte hare, word daar voorgestel om die “Spa Silk Treatment” aan te skaf. Dit is ‘n nuwe Suid Afrikaanse produk op die mark wat help om die hare mooi te laat blink en nie droog te laat voorkom nie.

LTP_CDH_Products (1)

Foto Krediet: LT Photography

Indien jou hare reeds beskadig is noem Dupper dat jy Olaplex op jou hare moet gebruik om jou hare van binne af te herstel. Olaplex herstel die binding in die interne struktuur van jou hare. Vra jou haarkapper oor Olaplex om te verseker jou hare word nie besakdig wanneer jy kleur nie.

CDHD_Mlouw_LTPhotography

Foto Krediet: M.Louw – LT Photography

Foliensuur, beter bekend as “Folic Acid” is ‘n byvoegsel wat gewoonlik gebruik word deur swanger vroue om hulle imuunstelsel sterk te hou en ook om goeie groei van die fetus te bevorder maar dit is hoofsaaklik B9 vitamienes. Dit help om toksines van die liggaam te verwyder en om nuwe selle te produseer wat help vir haargroei. Al hoe meer vroue begin die tipe pille aanskaf vir beter naels, vel en haargroei. Dit kan aangeskaf word by jou naaste apteek, Dischem of Clicks.

Lang, pragtige, sterk hare hoef nie meer net ‘n droom of ‘n sprokies-verhaal te wees nie, dit kan ‘n realiteit wees!

Artikel deur Lady Temcke 

 

%d bloggers like this: