Baie dankie vir jou bereidwilligheid om die beplanning vir jou mooiste dag met Trou Idees en
ons ondersteuners te deel.
Onthou dat dit nogal dol kan raak wanneer jy ‘n troue beplan, so hou dit asb in gedagte voordat jy instem om jou proses met ons te deel. Indien jy nie al die artikels skryf nie, sal ons dit steeds publiseer, maar jy gaan ongelukkig nie in aanmerking kom vir die Regte Bruid Geskenk nie.
Om te kwalifiseer vir ons Regte Bruid geskenk wil ons graag jou hele trouproses volg. Dit beteken dat jy minstens 80% van die onderstaande artikels vir ons sal skryf.
Wanneer mens trou is daar ‘n hele paar dinge waaraan jy as die bruid moet aandag gee.
Ons het hierdie hoofpunte uiteengesit as ‘n riglyn van die tipe artikels wat ons van jou af nodig het.
1.Die ontmoeting
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Waar het julle mekaar ontmoet?
2.Hoe het die ontmoeting gebeur?
3.Het julle dadelik van mekaar gehou?
4.Hoe het dit gebeur dat julle toe bymekaar uitgekom het?
5.Hoe lank voor julle verloof geraak het?
6.Hoe is die groot vraag gevra?
7.Hoe lank voordat julle trou?
8.Hoe voel jy oor jou komende troue?
9.Julle name en vanne en waar julle woon
2.Die prentjie
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Hoe het jou klein dogtertjie prentjie vir jou troue gelyk?
2.Hoe het dit intussen verander en hoekom?
3.Hoe lyk jou prentjie nou in terme van
a.Tema
b.Dekor
c.Grootte van die troue
d.Seisoen en tyd van die dag
e.Rok
4.Wat is die uitdagings wat jy alreeds moes hanteer en hoe het jy dit gedoen?
5.Hoe voel jy oor jou komende troue?
3.Die venue
Moet hier asb nie noem wie die ander venues is wat julle oorweeg het nie. Jy hoef net die een te identifiseer waarop julle besluit het. Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Wat was jou voorvereistes vir venues?
2.Wat is van die redes dat jy sekere venues uitgeskakel het?
3.Wat was jou ervaring by die wen-venue met jou eerste kontak; die eerste besoek
en tot dusver?
4.Wat is die rede dat jy uiteindelik op jou venue besluit het?
5.Wat bied die venue julle in terme van:
a.Fasiliteite
b.Spyskaart
c.Akkommodasie
d.Dekor
e.Bystand
6.Hoe voel jy oor jou komende troue?
4.Die trourok en voorkoms
Moet hier asb nie enige diensverskaffers behalwe die wat jy gekies het, identifiseer nie. Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Hoe het jou klein dogtertjie prentjie vir jou trourok gelyk?
2.Hoe het dit intussen verander en hoekom?
3.Hoe lyk jou prentjie vir die rok nou in terme van
a.Ontwerp
b.Kleur
c.Bykomstighede soos:
i.Skoene
ii.Hooftooisel
iii.Juwele
iv.Onderklere
v.Ander
4.Wat gaan jy met jou hare doen?
5.Wat het jy in gedagte vir jou grimering?
6.Wat is die uitdagings wat jy alreeds moes hanteer en hoe het jy dit gedoen?
7.Laat jy jou rok maak om te hou of weer te verkoop of huur jy dit?
8.Hoe voel jy oor jou komende troue?
5.Die troukoek
Moet hier asb nie enige diensverskaffers behalwe die wat jy gekies het, identifiseer nie. Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Wat het julle in gedagte gehad vir die troukoek in terme van tipe en styl?
2.Waarop het julle besluit?
3.Waarom?
4.Het julle vooraf vir ‘n koekproe (cake tasting) gegaan?
a.Indien wel, hoe was die ervaring?
5.Wat is die uitdagings wat julle hiermee ondervind het?
6.Hoe voel jy oor julle komende troue?
6.Die gevolg (hofknapies, blommemeisies, strooijonkers, seremoniemeester)
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Gaan julle ‘n gevolg hê:
a.Indien nie, hoekom?
b.Indien nie, doen julle enigiets anders in plek van die gevolg?
c.Indien wel, wie sluit dit almal in?
2.Vertel ons meer oor elkeen van die lede van die gevolg (bruidsmeisies uitgesluit
– sien punt 7) en hoekom hulle gekies is.
3.Hoe lyk die gevolg se klere?
4.Indien jy vir hulle geskenkies gee, wat is dit en hoekom?
7.Die bruidsmeisies
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Hoeveel bruidsmeisies gaan jy hê?
2.Hoe het jy op hierdie getal besluit?
3.Hoekom het jy elkeen van hulle gekies?
4.Wat gaan hulle dra?
5.Koop hulle die klere self of betaal jy daarvoor?
6.Indien jy vir hulle geskenkies gee, wat is dit en hoekom?
7.Hoe gaan julle die aand voor die troue deurbring?
8.Die Hennepartytjie (bachelorette’s) en Kombuistee
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Het jy een van elk gehad, net een of ‘n kombinasie?
2.Hoe betrokke was jy by die organisering daarvan?
3.Wat was die tema van die kombuistee?
4.Wat was die tema van die hennepartytjie?
5.Hoe het jy die kombuistee ervaar?
6.Hoe het jy die hennepartytjie ervaar?
7.Watter raad het jy vir toekomstige bruide oor hierdie twee geleenthede?
8.Hoe voel jy oor jou komende troue?
9.Die Verskaffers
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Wat het jy in gedagte gehad in terme van:
a.Die fotograaf?
b.Die videograaf?
c.Die DJ of ‘band’?
d.Die blommeverskaffer?
e.Die spysenier as dit nie deel is van die venue nie?
2.Waarom het jy besluit op jou keuse vir:
a.Die fotograaf?
b.Die videograaf?
c.Die DJ of ‘band’?
d.Die blommeverskaffer?
e.Die spysenier?
3.Watter raad het jy vir toekomstige bruide oor diensverskaffers?
Hoe voel jy oor jou komende troue?
10.Die Wittebrood
Hier is die riglyne vir dinge wat jy by jou storie kan insluit:
1.Weet jy waarheen jy gaan met julle wittebrood?
2.Wat is jou verwagting vir die wittebrood?
3.Hoe lank gaan julle weg?
4.Wat pak jy?
5.Waarna sien jy die meeste uit?
*Algemene riglyne*
1. Moet asb geen diensverkaffers of venues in ‘n slegte lig plaas nie. Probeer sover as
moontlik net die wat jy gekies het en waarmee jy tevrede is/was se name te noem. Indien jy
probleme gehad het, sou ons voorstel dat jy dit direk met die verskaffer of venue uitsorteer.
2. Probeer asb so eerlik as moontlik wees omdat jou artikel ook sal dien as raad vir ander voornemende bruide.
3. Ons verkies dat jy uit jou hart uit skryf, maar hier is ‘n paar riglyne om jou te lei. Moet asb
nie puntsgewys skryf nie – ons soek ‘n storie!
4. Elke artikel kan so ongeveer 400 woorde lank wees, maar ons is nie verskriklik streng
daaroor nie. Verkieslik nie meer as ongeveer 600 woorde nie.
5. Stuur asb. VYF foto’s saam wat ons saam met elke artikel kan gebruik. Dit moet nie groter
as 2MB wees nie.
Lekker skryf!