Rene & Lian {Reenboog}

 Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Rene Selenati (nou Viviers)
  • Naam Van Bruidegom: Lian Viviers
  • Datum en Tyd van troue: 23 Maart 2013 om 16h00
  • Venue/plek van troue: Die Klipskuur net buite Heidelberg
  • Aantal gaste: 98

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Bruid en haar gevolg
  • Fotograaf: Isabel Pieterse (La Bella Photography – http://labellaphotography.co.za/ )
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid – Absolute Bridal Couture Bruidmeisies – Gelique
  • Bruidegom en mans pakke: n/a
  • Blomme : Blossom Blessings Yolanda du Plessis – 082 319 8877
  • Dekor: Bruid se eie en Die Klipskuur
  • Koek: Cake Magic
  • Spyseniering: Die Klipskuur

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ek en Lian het 6 jaar terug deur ‘n gemeenskaplike vriendin ontmoet, dit was nie love at first site nie en ek het nie van Lian gehou die eerste keer wat ek hom ontmoet het nie, maar na ‘n paar keer se lag en gesels het hy my hart gewen.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons sal die 1ste Oktober 2013 al 6 jaar saam wees.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Lian het my die 23ste Desember 2011 gevra om te trou op die strand in Danabaai net buite Mosselbaai. Ons het by ons vakansie huis aangekom en al ons goedjies afgelaai, soos wat ons elke jaar maak, het ons dadelik op die strand gaan stap. Ek het glad nie mooi gelyk nie met my hare in ‘n bokstert en ‘n simpel kortbrok en t-hemp, het hy my gevra of ek hom die gelukkigste man in die wereld sal maak.

 

  • Die troue (van a-z): Ons het omtrent 14 maande beplan aan ons “Fun farm wedding”, ek het al my idees bymekaar gemaak van blogs en Pinterest en het gou geweet watse gevoel ek vir die troue wou he. Ek en Lian is baie ontspanne mense en ek wou ’n troue gehad het wat die weerspieel. Ek het nie ‘n spesifieke kleur skema gehad nie maar wou alles in die tema van die plaas hou. Die skuur waarin die onthaal gehou was is baie natuurlik en rustic so dit was ‘n goeie canvas om van te werk, daarby het ek verskillende blomme in verskillende kleure gehad. Die stooimeisies en strooijonkers het ook die kleure deur getrek na hulle uitrustings. Die blomme het ‘n veldblommetjie gevoel gehad in verskillende grootte vase en botteltjies. Die seremonie was in ‘n bos gewees en al die gaste was vervoer met trekkers en sleepwaens, dit was sprokies mooi gewees. Die dag van die troue was vrek warm maar teen die tyd wat ek moes op gaan vir die seremonie het ‘n paar stoute wolke bymekaar gedrom, gelukkige was ons Hemelse Vader genadig en het die storm eers ‘n uur of wat na ons getrou het uit gebreek. Ek se en dink gereeld dat dit die lekkerste troue was waar ek nog ooit by was, ek hoop ander gaste het di took so ervaar.

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Moenie stress oor die klein goed nie, as jy op die ou einde van die dag met die man van jou drome trou dan het alles perfek verloop. Ek weet dit klink makliker as wat dit is, maar geniet elke oomblik van die dag, neem alles in en staan elke nou en dan terug en dink dit is nou jou groot dag. Maak seker jy vat alles in, praat met jou gaste, dans, eet koek, kyk mooi na elke liewe tafel en klein detail. Maak seker dis in jou gedagtes verewig en altyd want dit gaan so gou verby.

 

  • Die beste deel van jul troudag: Die beste deel van my hele dag was toe ek vir Lian sien toe ek by die bos in stap, ek het net vir hom gekyk en hy was so oorweldig met die groot oomblik dat hy ‘n traan gepik het toe hy my sien. Dit was die heel mooiste oomblik van my hele lewe en ek sal dit nooit ooit vergeet nie.
%d bloggers like this: