Rialeen & Pieter { Rustic vintage bosveld}

Persoonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Rialeen Viljoen (Potgieter)
  • Naam Van Bruidegom: Pieter Potgieter
  • Datum en Tyd van troue: 12 April 2014 en tyd 16:00
  • Venue/plek van troue: Malena Gamelodge Mafikeng
  • Aantal gaste: 75

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Ekt als self gereel, maar Kittie Booysen het als vir my gedoen
  • Fotograaf: Anneline Grobler – A&J Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Ons het dit by n ou familie vriend laat maak en Bruid se rok by Beautiful You Bridal Wear laat maak.
  • Bruidegom en mans pakke: Die mans het nie regtig pakke gedra nie, maar hulle klere was by Edgards gekoop.
  • Blomme : Malena Gamelodge- Kittie Booysen
  • Dekor: Malena Gamelodge- Kittie Booysen , geskenk sakkies en servette self gemaak
  • Koek: My ouma het ons koek vir ons gebak.
  • Spyseniering: Malena Gamelodge- Kittie Booysen

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het op skool ontmoet, hy was Gr.11 en ek was Gr.10. Ek was oorgeplaas na n ander skool omdat ek verhuis het. Ons was voorgestel deur my vriendin daai tyd wat met sy beste vriend uitgegaan het. En op die einste dag het ons atletiek intherhuis gehad en ek het gaan hoogspring doen, en sonder om my spiere uit te strek het ek gaan spring met die gevolge dat ek my spiere seer gemaak het. Ek kon nie loop nie toe hy aanbied om my te help en het my noodhulp toe gedra. Van daai dag af was ons beste vriende en net so het ons sprokies lewe saam begin

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Ons ken mekaar nou al 5 en n halwe jaar en was n jaar en 5 maande verloof.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ek het altyd vir hom gese dat ek graag gevra wil word om te trou voor familie, omdat dit n belangrike ding is om saam familie te deel. Op 25 Desember 2012 het ons by my tannie hulle gaan kuier vir Kersfees Vieringe. Hy was ons “Kersvader” die dag en het almal se geskenkies uit gedeel. Hy het myne gelos vir heel laaste. Toe hy by my geskenkie kom het hy gese dat hy nie sy lewe ooit sonder my kan indink nie, en net daar op sy linker knieg gegaan en my gevra om te trou voor my hele familie. Was vir my en almal wat dit saam ons kon deel baie spesiaal!

 

  • Die troue (van a-z): Ons het ons trou binne 7 maande gereel, maar als was maklik om te reel omdat ons van vooraf geweet het wat ons wou he. Hy wou als plaas he en ek wou als Vintage he en hoe mooi het als nie net bymekaar gepas nie. Wat dinge baie maklik vir ons gemaak het is dat Die trou Koordineerder alles vir ons gedoen het, ons het al ons idees vir haar gegee en sy het daarop gewerk, van die spyseniering tot die blomme en die décor.Alles was perfek en meer as wat ons voor kon gevra het. Al wat vir my uiters belangrik was om iets van my oorlede oupa te he en dit was die borspeldjie wat aan my handruiker was, wat hy amper 50 jaar gelede vir my ouma grootjie as n geskenk gegee het. Omdat ons geweet het wat ons wou he en deeglike beplanning was als perfek niks het skeef geloop nie.

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Reel als deeglik en begin jou troue vroegtydig te reel, hou boek van als. En neem als in, want dit vlieg in n oogwink verby. Geniet die aand, moenie laat onnodige goed jou laat opstress op jou dag nie, en as iets skeefloop gaan net aan en maak asof niks gebeer het nie, want jou gaste weet nie wat jy beplan nie. En Laaste, Bruide eet iets al is dit net n vrug, jy wil nie halfpad deur die dag uitpaas van de hongerte nie!

 

  • Die beste deel van jul troudag: Die beste deel van ons trou dag was toe ek die kerk binne stap en my man begin huil, ek het nooit gedink dat ek hom ooit so sou “overwhelm” nie. En die Dominee ons uit eindelik aankondig as Mnr-en Mev . Potgieter!
%d bloggers like this: