Rika & Leon {Speelvol}

Peroonlike Inligting:
  • Naam van Bruid: Rika Haasbroek
  • Naam Van Bruidegom: Leon Badenhorst
  • Datum en Tyd van troue: 7 Sep 2012, 18:00
  • Venue/plek van troue: Valverde Country Hotel- Muldersdrift
  • Aantal gaste: 80

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Uhm, ek en my moeder? En Pamina van die Venue.
  • Fotograaf: Miemie Spies @ Miemie Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: China-tipe winkel
  • Bruidegom en mans pakke: Woolworths
  • Blomme : Handruikers gemaak deur Saffas in Pta Noord
  • Dekor: Self, het wel lanterns en liggies by pelle geleen en gekry
  • Koek: Het cupcakes self gemaak, maar my vriendin en bridesmaid Sasha Stroebel het ons lekker chocolate koek gemaak wat ons gesny het.
  • Spyseniering: Die venue- Valverde.

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Op nuwe jaar by die Tuks fm party by die square. Dit was darem nie heeltemal random nie- hy was die nuwe flatmate van ‘n goeie pel wat saam my geswot het.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: 6 jaar geken en uitgegaan.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom):  Hy het my gevat vir ‘n naweek na Sondela. Hyt gereel dat ons buite in die tuin onder die sterre eet. Ek het iets vermoed, maar hoe later dit word, het hy steeds niks gese nie- toe dog ek “nee wat”, hy gaan seker maar op ‘n ander tyd vra. Net voor ons kamer toe wou stap, het hulle sjampagne gebring. Hy het op sy knieg afgegaan, en my gevra om te trou. Ons albei het gehuil- (al verwag mens dit). Omdat dit donker om ons was- moes ek eers die trane afvee- nadat die ring aan die vinger is- om te sien hoe die ring lyk.

 

  • Die troue (van a-z): Sjoe- waar om te begin. Ons troue was regtig baie spesiaal vir ons- want ons het regtig mense genooi wat ons daar wou he. Familie was min- en pelle baie. Familie wat ons nie sien nie is ongelukkig nie genooi nie- omdat troues so duur is. En gelukkig het geen van ons ouers enige probleem daarmee gehad nie. Ons is getrou deur ‘n goeie pel van ons Andre Oberholzer, wat dit ongelooflik spesiaal en persoonlik gemaak het. Nie net is hy snaaks en jonk, en ken sy storie nie, maar hy ken ons! Ons DJ  was ‘n skoolpel, my make-up is gedoen deur my niggie, en make-up artist Madelaine van Antwerp- sy is die beste! My koek is gebak deur my vriendin en bridesmaid Sasha Stoebel, en ons het heerlik aan die koek geeet op ons honeymoon; Sasha het ook die girls se make-up gedoen. My en my girls se hare is gedoen deur Style Productions Photography,Beauty,Hair&Videography, wat ook ‘n vriendin is(Yolandi Kahl), en wat al van skool af my hare vir geleenthede doen. Ek het al paar jaar terug vir haar gese- JY gaan my hare eendag op my troue doen. My fotograaf het ek al voor ons troue geken, en Miemie weet wat sy doen. Sy neem die funkieste fotos, en het ons toegelaat om bos te gaan Die dag voor ons troue het ons die venue gaan opmaak- omdat ons als self gedoen het. Net toe ons die lanterns ophet, en al die plate ens op die tafels, begin dit reen, en toe die wind waai, en toe hael! Alles het weggewaai!! Maar, ek het nie uigefreak nie!My man het gese dit hael nie twee dae na mekaar nie. En dit kan maar reen, maar dit kan net nie hael soos daai dag nie. Die oggend vd troue stuur my man vir my ‘n boodskap- al die weervoorspellings se dit gaan dinker en reenerig wees. Meer reen as gister. (Hy draai nie doekies om nie). So lank dit nie hael nie- was ek okay. Dit het die oggend bietjie gereen, maar toe ons begin klaar maak-TOE kom die son uit! Dit het niks daardie dag gereen nie- en ons het die mooiste son gehad vir fotos neem!! Ek kry ‘n boodskap die oggend van my vriendin wat se “There must an awesome reason why God chose your wedding to you to such extremes with the weather”. En die een ding wat ek die meeste sal onthou van ons troue- is hoe God “afgeshow” het

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Begin vroegtydig! Moenie 3 maande voor die troue wil gewig verloor of gym nie, of hare groei nie, of aan jou vel begin werk nie- dit gaan nie oornag gebeur nie. En maak seker jy nooi net mense wat JY by jou troue wil he. As jy dink- hierdie persoon sal na die tyd iets sleg te se he- dan is dit nie ‘n pel wat jy na jou troue wil nooi nie!

 

  • Die beste deel van jul troudag: Alles was perfek!! En om te kan se- ons het alles self gedoen, is ‘n groot lekkerte. Ons opening dans was wel vir my een vd highlights, Ons het op ‘n mix gedans.   Stadig begin, en toe uitgehak, en selfs geshuffle(ja, in my rok). Die gaste het dit gelove! My arme man is glad nie ‘n danser nie- maar hy was regtig ‘n trooper- en sy pelle en selfs familie het gese hulle sou dit nooit van hom verwag het nie.
%d bloggers like this: