Rinette & Elian {Vintage liefde}

 

Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Rinette
  • Naam Van Bruidegom: Elian Moll
  • Datum en Tyd van troue: 29 September 2012 16:00
  • Venue/plek van troue: Imperfect Perfection
  • Aantal gaste: 80

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Noleen (Imperfect Perfection) en Rinette (Bruid)
  • Fotograaf: Anri en Irma van Little Bird Photography
  • Bruid en bruidmeisie rokke: Bruid – Roedolf D’Couture, Stooimeisie – Gelique, Blommemeisies – Babes in the wood
  • Bruidegom en mans pakke: Euro suit
  • Blomme : Ronel Grundlingh
  • Dekor: Ronel Grundlingh
  • Koek: Johanna Potgieter
  • Spyseniering: Imperfect Perfection

 

Oor die bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het in Presleys ontmoet en Elian het in my vas gedans

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: 5jaar

 

  •  Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Ons het vir ‘n naweek na Doorndraai Lodge toe gegaan en hy het my onder die sterre op die dek gevra om te trou

 

  • Die troue (van a-z): Dit was ‘n plaas troue met ‘n vintage twist. Ons het ‘n Photobooth gehad vir die gaste tafel fotos. Ek en my bruidsmeisies het in die veld met ons gumboots aan fotos geneem. Ons het rosette as skouerruikers gehad. Die preekstoel van die venue is ‘n ou kruiwa en die res van die idees en dekor was her gebruikte items. Nie een tafel het dieselfde gelyk nie en so was elke tafel ‘n ander naam soos: Liefde, Geloof, Hoop, Geluk, Vrede, Vriendskap, Lewe, Vreugde

 

  • Raad vir toekomsige bruide: Wees rustig op jou groot dag vandat jy wakker word tot jy gaan slaap. Alles is reeds beplan en sal uitwerk soos dit moet. Moet oor niks bekommerd wees nie en neem alles in waaraan jy so lank beplan het en gaan voluit om dit te geniet!

 

  • Die beste deel van jul troudag: Die hele dag was ‘n fees maar as ek iets kan uitlig sal dit wees toe ons die dansbaan as Mnr en Mev Moll kon open.
%d bloggers like this: