Shani & Herman {Geel & Vrolik}

 Peroonlike Inligting:

  • Naam van Bruid: Shani Visagie
  • Naam Van Bruidegom: Herman Smit
  • Datum en Tyd van troue: 23 Maart 2013 om 15:00
  • Venue/plek van troue: Gracefield Barn
  • Aantal gaste: 80

 

Diensteverskaffer Inligting:

  • Trou Koordineerder: Bruid self
  • Fotograaf: Artistic Image Photography – Celia van Niekerk
  • Bruid se rok – Bridezilla
  • Bruidegom se pak – Edgars
  • Blomme – Casablanca Florist – Nigel
  • Dekor – Bruid self
  • Spyseniering – Venue

 

Oor die Bruidspaar:

  • Hoe en waar het julle ontmoet: Ons het in 2011 deur vriende ontmoet. Hy het my voete onder my uit gedans, so het ons vriende geword en vinnig het die liefde ontwikkel.

 

  • Hoe lank het julle mekaar geken: Hy sê hy het van die eerste dag af geweet ek gaan sy vrou wees, maar ons is na 11 maande verloof en was 2 jaar saam met ons troue.

 

  • Hoe en waar het hy jou gevra om te trou (of jy vir hom): Die verlowing sou ‘n romanstiese aand op die strand gewees het 3 maande vroeer, maar die reën wou nie saam speel nie en toe is sy moed ook daarmee heen. Met valentynsdag sou ons net gaan ietsie eet en toe skyf hy sommer die ring oor die tafel nog voor ons iets kon bestel…hy kon dit nie meer verduur nie. Later die aand het hy darem wel op sy kniee gegaan en amptelik die groot vraag gevra!

 

  • Die troue (a-z): Die troue was nie sonder stress nie, maar ons is deur als en die dag was so spesiaal. Die oomblik toe ek my rok aantrek was als vergete. Ek het hom gesien die venue ingaan en met ‘n geruste hart geweet vandag gaan perfek wees. Oomblikke na ons die kapel verlaat het, was daar ‘n ligte reënbui en toe weet ons die huwelik is geseën van Bo! Daarna het ons heerlik gekuier en so ook ons gaste. Dis ‘n dag wat ons nooit sal vergeet nie! Daarna het ons gaan rus op ons wittebrood in Mosambiek.

 

  • Raad aan ander bruide: Moet nie als self doen nie..dit is spesiaal maar die dag is baie meer stresvol! En onthou om elke oomblik te geniet!!! Die dag gaan baie vinnig verby!

 

  • Beste deel van ons troudag: Toe ons voor Jesus, familie & vriende trou aan mekaar beloof het! Daar is geen gevoel soos die oomblik as jou maaitjie nou jou man is nie!