Tafel rangskikking idees [Deel 1]

page

Die tafel rangskikking is een van die hoof dekor elemente van die onthaal. Blomme, takke of selfs kerse kan gebuik word. Hou in gedagte dat die venue en tema van die troue ‘n groot rol speel in die keuse van rangskikikings.  Onthou dat blomme rangskikkings wat in die gaste se direkte oogveld staan, steurend is en geselsies kan verhinder. Hier is ‘n paar idees vir tafel rangskikings:

  • Gyps en rose –Gyps word deesdae baie gebruik op sy eie as tafel rangskikkings. Dit is ‘n goedkoop altenatief. Kombineer dit met klein roos rangskikkings vir kleur.
  • Posy van angeliere – Angeliere word meer populer en nie meer gesien as net ‘n begrafnis blom nie. Die spul angeliere saam gee ‘n sagte  en skoon effek.
  •  Gerberas – Die pragtige blom kan op sy eie of in ‘n bos gebruik word.  Die gerbera hou baie lank en is dus ‘n goeie keuse vir ‘n buitelug of somer troue.
  • Bak rangskikking – Blomme word in ‘n plat wye bak rangskik.  Dit is stylvol en lyk goed by enige tema.
  • Takke rangskikkings – Takke gee hoogte, sonder om te steurend te wees aan gaste. Items soos kerse, blomme of krale kan van die takke af hang.
  • Potplante – Plantjies in potte is ‘n slim en maklike idee vir tafel rangskikkings. Elke gas kan dan ook die plantjie huistoe neem.
  • Kruie plantjies – Hierdie plantjies kan dien as tafel dekor sowel as gaste geskenkies.
  • Vierkantige  houers – Blomme word in vierkantige houers gerangskik. Maklike rangskikking om self te doen.