Tafel rangskikking idees [Deel 2]

page

Die tafel rangskikking is een van die hoof dekor elemente van die onthaal. Blomme, takke of selfs kerse kan gebuik word. Hou in gedagte dat die venue en tema van die troue ‘n groot rol speel in die keuse van rangskikikings.  Onthou dat blomme rangskikkings wat in die gaste se direkte oogveld staan, steurend is en geselsies kan verhinder. Hier is ‘n paar idees vir tafel rangskikings:

  • Staande koring are – Hierdie is ‘n goedkoop tafel rangskikking idee. Ideaal vir ‘n plaas tema troue.
  • Halwe posy op staander –  Pragtig en vrolik. Dit verleen effense hoogte aan die tafel sonder om in die gaste se gesigveld te wees.
  • Die vere rangskikking- Vere is ‘n goedkoop alternatief vir blomme. Vere rangskikkings word meestal hoog gedoen om nie die gaste om die tafel te steur nie.
  • Hoë ronde  rangskikkings –Die rangskikking word op ‘n vaas of kers stander geplaas om hoogte te verleen.
  • Speelvolle emmer ruiker –  Die ruiker is asimmetries gedoen en is iets wat maklik self gerangskik kan word.
  • Rangskikking in glas–  Blomme word binne in ‘n glas silinder houer gesit, en dan word houer volgemaak met water.  Klein kersies dryf bo op die rangskikking.
  • Voël koutjie ruiker –Met die ‘vintage’ invloede het ruikers in en om kouktjies baie popular geword.
  • Glas botteltjies – Glas botteltjies van verskillende vorms word gebruik. Blommetjies word dan soort by soort daarin geplaas.