Trou Koerantjie

page3-624x624

Trou koerantjies is ‘n nuwe moet-hè vir jou troue. Dit verskaf vermaak aan die gaste in die tyd wat die bruidspaar foto’s neem, en dien as die trou program ook!

Hiermee die inligting van die goedjies wat jy in jou koerantjie kan sit. Onthou dat dit net ‘n voorstelling is! En dat jy enige iets in jou koerantjie kan gebruik!

Opskrif: Troukoors

Voorblad:

  • Die storie van hoe julle ontmoet het met ‘n foto van jul verlowings fotosessie
  • ‘n strokiesprent/ grappie oor die huwelik
  • Lied op die hart – ‘n koepon wat die mense kon invul en uitskeur en dit dan aan die DJ gee om ‘n liedjie te speel wat hulle graag wil hoor
  • Aankondigings – belangrike inligting wat ons onder die gaste se aandag wil bring (soos om op ons gaste tafeldoek te gaan skryf en hulle adresse op die adres koepon vir ons te skryf en dit dan in die koeverte houer te gooi)

 

Bl.2:

  • Blokkiesraaisel (mens kan ‘n blokkiesraaisel uitwerk met allerhande leidrade oor jou  en jou man, sodat die gaste kan kyk hoe goed hulle julle rerig ken)
  • Adres koepon – waarop gaste hulle posadres moes skryf sodat julle vir hulle ‘n dankie kaartjie kan pos
  • Die eerste gedig wat die bruiegom vir jou geskryf het met nog ‘n foto van julle verlowings fotosessie

 

Bl.3:

  • Die spyskaart
  • Ek sien met my kleine ogies, iets wat begin met…. (belangrike goedjies waarop julle graag die gaste se aandag wou vestig soos bv. R_ _ (rok) om hulle aandag op die detail van my rok te vestig….sulke tipe goedjies)
  • Tafelplasings van wie sit waar
  • Die storie agter die storie – Waar kom die wit trou rok vandaan….waar en hoe het ‘n rum party en kombuistee onstaan….wat die wittebrood beteken en hoekom mense op wittebrood gaan
  • Antwoorde van Ek sien met my kleine ogies

 

Agterblad:

  • Polsslag van die troue – hier kan jy al die verskaffers lys en ook noem wat hulle gedoen het (‘n manier om dankie te sê)
  • Familie bande – familie boom met die bruid en bruidegom se families
  • Program vir die dag
  • Verskille tussen mans en vroue – so paar interressante feite
  • Boereraat – vra jou ouma en oupa en sy ouma en oupa  vir raad oor die huwelik

 

Tussen deur om bietjie die spasie te vul:

  • foto’s van hulle verlowings foto sessie
  • Bruidslavies – plaas ‘n foto van elke strooimeisie en se kortliks ietsie oor haar
  • Jy kan ‘n klein storie skryf oor die kombuistee (bachelorettes) en die rum party en dalk ‘n foto van elk insit

Om kostes te bespaar kan die koerantjies op gewone A3 papiere (rug teen rug) gedruk word, en in die helfde gevou word- dus het jy dan 4 kante.

 

Angepaste artikel deur Chantelle van Zyl.